SkryFBorD - koEk

Sarie Bruid - - Hierdie vrou kan bak! -

Die skryfbord-ef­fek op koe­ke is dees­dae weer ge­wild. Dis een­vou­dig maar tref­fend en kan ge­bruik word om iets eie aan die bruids­paar te skep. Mag­gi het die koek­lae met swart fon­dant oor­ge­trek en met wit eetbare verf daar­op ge­verf, so­dat dit soos bord­kryt op ’n swart skool­bord lyk. E­ni­ge lo­go, na­me, prent­jies, woor­de, ens., kan op die koek ge­verf word.

Sy het reg­te tak­kies en bla­re goud ge­spuit en om die koek­lae vas­ge­heg om die koek af te rond. Sil­wer bla­re of wit vars blom­me is ook ’n goeie op­sie op so ’n koek.

Die­self­de ef­fek kan ook op sui­ker­koe­kies en kol­wyn­tjies ge­bruik word. Sui­ker­koe­kies kan ver­sier word met swart ver­sier­sel en kol­wyn­tjies kan met swart fon­dant oor­ge­trek word. E­ni­ge ont­werp kan dan met eetbare wit verf op die koe­kies en kol­wyn­tjies ge­verf word om die skryfbord-ef­fek te kry. El­ke gas se naam kan op ’n kol­wyn­tjie ge­verf word om as plek­aan­wy­ser te dien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.