Fees by kag­gel­vuur

Ta­nia (van Nie­kerk) en Je­an O­den­daal Hier is hul­le, SA­RIE se Bruids­paar van die Jaar 2014. Hul­le het let­ter­lik die ont­haal­lo­kaal bin­ne­ge­dans

Sarie Bruid - - MY STYL - FO­TO’S JEN­NI E­LI­ZA­BETH PHOTOGRAPHY

Je­an en Ta­nia is op die Dur­ban­vil­le Hills-wyn­land­goed na­by Kaapstad ge­troud. Sy het ’n meer­min­styl-trou­rok van tul­le met kant-ap­pliek­werk ge­dra. Die rug­kant was van maas­stof. Die nou­slui­ten­de romp was van ru-sy en maas­stof, met ap­pliek­werk van kant. Die slui­er was ’n een­vou­di­ge haar­stuk van maas­stof met ve­re- en di­a­mant­af­wer­king. Je­an se pa het op sy eie troue ’n Mar­sa­la-trou­pak ge­dra en Je­an het die tra­di­sie voort­ge­sit met ’n Mar­sa­la-baad­jie, wit hemp en vloot­blou broek.

Ons Bruids­paar-wen­ners, Je­an en Ta­nia, se vroeg­aand-herfs­troue sou bui­te on­der die prag­ti­ge o­lyf­bo­me op ’n Kaap­se wyn­land­goed plaas­ge­vind het, maar toe breek ’n don­der­storm los. Gou is die kag­gel­vu­re in die trou­lo­kaal aan­ge­steek en die se­re­mo­nie is na bin­ne ge­skuif. Die gas­te het lek­ker knus hul plek­ke in­ge­neem, en toe Ta­nia in ’n waas van tul­le en c­han­til­ly-kant in die deur ver­skyn en in haar jeug­lief­de se sag­te oë kyk, het sy ge­weet al­les gaan vlot ver­loop. Die kleur­ske­ma was sag­te pienk, na­tuur­lik en baie aards, met groen e­le­men­te tus­sen­in. Die ta­fel­te­ma was lan­de­li­ke e­le­gan­sie, snuis­te­rye en pot­jies met rots­ro­sies, fyn­bos en vars kruie. La­ter die aand het Kaapstad se lig­gies op die see in die ver­te ge­weer­kaats. Die paar­tjie ont­hou steeds el­ke e­mo­sie en al die lek­ker­la­goom­blik­ke. Ta­nia ver­tel dit het ge­voel of haar bors kan ont­plof van al die op­win­ding.

Die ta­fel­de­kor was mi­ni­ma­lis­ties, met fyn­bos­rang­skik­kings en wit or­na­men­te soos vo­ëls en ha­sies. Vars ar­ti­sjok-ker­se is spe­si­aal vir die bruid ge­maak.

Ta­nia se pa, Hen­tie van Nie­kerk, is oor­le­de toe sy 10 was. Sy het vir hom plek ge­hou by haar troue met hier­die fo­to van hom op sy trou­dag. Die das om die raam was sy trou­das.

Die bruids­rui­ker was ’n kleu­ren geur­ry­ke meng­sel van fyn­bos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.