'n Goue dag

Tus­sen die ap­pel­boor­de in die El­gin-om­ge­wing het die bruids­paar me­kaar die e­wi­ge ja­woord ge­gee

Sarie Bruid - - MY STYL - FO­TO’S NATELEE COCKS

Ala­na (van Heerden) en Jan-Hen­drik Groe­ne­wald

Jan-Hen­drik en Ala­na in een van die spog-woon­wa­ens by die trou­plek. Ala­na het op die bo­stuk van haar for­me­le trou­rok prag­tig ge­bor­duur­de kant met goue kra­le­werk ge­kom­bi­neer. Die V-hals en - rug­lyn is met bor­duur­kant-blaar­mo­tie­we ge­vorm. Die ge­mak­li­ke, vrou­li­ke A-lyn-romp was van die­self­de bor­duur­kant. Haar ho­ë­hak-oop­toon­skoe­ne was glin­ster­goud.

Die on­ge­rep­te skoon­heid van die El­gin-val­lei in die herfs het die deur­slag ge­gee vir Jan-Hen­drik en Ala­na se be­sluit om knus tus­sen die ber­ge en ap­pel­boor­de na­by dié O­ver­berg­se dorp te trou. Hul gas­te het vir twee aan­de lek­ker saam­ge­kui­er in die luuk­se woon­wa­park waar die pleg­tig­heid plaas­ge­vind het. Die weer was per­fek op die Don­der­dag toe hul harts­men­se in ’n in­tie­me by­een­koms, ge­lei deur die bruid se tan­te, ge­tui­es was van hul trou­be­lof­tes aan me­kaar. Jan-Hen­drik is ’n gra­fie­se kuns­te­naar en Ala­na is ’n mo­de-ont­wer­per, en die twee kre­a­tie­we men­se het feit­lik al­les vir die troue self ont­werp. Ala­na het tot twee trou­rok­ke vir haar­self ge­maak, een vir die dag en een vir die aand. Die te­ma vir die ge­leent­heid was goud, haar guns­te­ling-kleur, en dit was haar wens dat ’n goue draad deur die he­le dag sou vloei. Saam met hel­der ska­ke­rings van pienk het dit ’n in­te­res­san­te kon­tras teen die om­ge­wing ge­vorm, pre­sies wat sy in ge­dag­te ge­had het.

La­ser-ge­sny­de vo­ël­tjies en fee­lig­gies in die ont­haal­saal. LINKS: Ala­na het ’n val­spels­skou­er­jas­sie in roos­pienk oor haar rok ge­dra om die vars herfs­brie­sie af te weer.

Die ont­haal is ge­hou in hier­die ruim ver­trek, met ’n prag­ti­ge uit­sig oor die El­gin-val­lei. Rou hout en groot glas­ven­sters skep ’n warm at­mos­feer – or­ga­nies, on­op­ge­smuk en mo­dern, nes die Groe­ne­walds daar­van hou.

Die twee­laag­s­jo­ko­la­de­trou­koek is met goue fon­dant ver­sier en af­ge­rond met vars blom­me, meest­al ro­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.