On­der die ak­ker­bo­me

Dit was soos ’n to­neel uit ’n fliek, groe­pies men­se wat ge­sel­lig langs lang hout­ta­fels saam­kui­er

Sarie Bruid - - MY LEWE - FO­TO’S JA­NI B

Ja­ni­ne (Lou­rens) & Ni­co­laas Louw

’n Groot kris­tal­kan­de­laar hang aan ’n dak van ak­ker­boom­tak­ke bo­kant die ont­haal­a­rea. HEEL LINKS is die bruids­paar, in die MID­DEL twee blom­me­mei­sies, Si­moné (links) en Ni­co­lien Lou­rens, en LINKS die stra­len­de bruid wat haar lang sleep speels in die lug gooi.

Vo­ël­tjies het ge­tjirp en son­stra­le het deur die bla­re ge­speel toe Ja­ni­ne en Ni­co­laas in ’n on­ge­tem­de ak­ker­woud langs die N2 na­by Ca­le­don ge­troud is. Die per­seel op die plaas Voor­hoe­de was ’n kam­peer­ter­rein, en de­ka­des se bla­re moes op­ge­hark word. Wan­del­paad­jies is tus­sen lang, dun wat­tel­bo­me uit­ge­lê na die “o­pe­lug-kerk” langs ’n ri­vier. Die ont­haal was op ’n on­ge­loof­li­ke mooi fees­ter­rein, met groot kris­tal­kan­de­la­re wat uit mas­sie­we ak­ker­bo­me ge­hang en ge­heim­sin­ni­ge ska­du’s ge­gooi het.’n Kar­na­val­ge­voel het ge­heers, met kos­stal­le­tjies op ver­skil­len­de plek­ke,’n “high tea” met die fyn­ste tee­ser­vies (as­ook on­paar kop­pies!) en sag­te sit­plek­ke vir lek­ker kui­er. Wit blom­me en baie groen loof het in los rang­skik­kings op lang ru­we hout­ta­fels ge­lê. Ja­ni­ne,’n op­ge­lei­de sjef, en Ni­co­laas,’n wild­plaas­be­stuur­der, het ná die troue ’n trou-ve­nue ge­naamd Die Woud op die plaas ge­o­pen.

Ja­ni­ne se trou­rok met sy nou­pas­sen­de bo­stuk was van ’n sag­te vloei­en­de ma­te­ri­aal en baie lae tul­le, met ’n kris­tal­belt om dit af te rond.

’n Si­trus- en-pis­ta­sie-bot­ter­room­ver­sier­sel het die trou-wor­tel­koek lek­ker suur ge­hou. Vars vye en rooi ker­sies het ge­sorg vir kleur.

Die ta­fels is son­der fie­ter­ja­sies ge­dek. Be­ne­wens wit blom­me en groen loof was groot glas­hou­ers met ker­se die e­nig­ste ver­sie­ring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.