Natasha sê

Sarie Bruid - - MY INSPIRASIE -

Moe­nie pro­beer wed­y­wer met ie­mand an­ders se troue nie. Jy hoef nie ’n t­rend te volg net om­dat dit deur die trou­be­dryf voor­ge­skryf word nie. En moe­nie jou be­gro­ting oor­skry om an­der men­se ge­luk­kig te maak nie.

’n Te­re oom­blik voor die ka­me­ra. Natasha het self haar rok ont­werp – ’n sag­te meer­min­styl, baie een­vou­dig, klas­siek en koel. Die bo­stuk van sy en c­han­til­ly-kant is hier en daar met kant-ap­pliek­werk ver­sier. Die romp­ge­deel­te was van sy-crê­pe. ’n Ge­bor­duur­de belt het haar mid­del be­klem­toon. Ed se man­sjet­kno­pies was ’n ge­skenk van Natasha. Op een van hul­le was ’n kaart van die plek (Put­ney in Londen) waar hul­le ont­moet het en op die an­der een was Ta­fel­berg, waar hy die ja­woord ge­vra het.

Die blom­me was hoof­saak­lik wit – tul­pe, ro­se, k­ris­mis­ro­se, or­gi­deë en le­lies. Die bruids­rui­ker was ’n prag­ti­ge bos wit en blos­pienk ro­se.

A­li­ce Dur­rant was die blom­me­mei­sie.

Bros­ge­braai­de won tons met ’n see­kos­vul­sel was een van die voor­ge­reg­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.