Sub­tro­pie­se pa­ra­dys

Die kleur­te­ma was wit en groen en die om­rin­gen­de na­tuur was a­sem­ro­wend. En daar was baie wa­ter ...

Sarie Bruid - - Myself - FO­TO’S JACKI BRUNIQUEL

Zo­na (S­chle­busch) & Shane Jay S­mith

Met die In­die­se O­se­aan win­kend in die ver­te het Shane (see­vaar­der en bran­der­plank­ry­er) en Zo (ap­te­ker en lief vir die bran­ders) hul hu­we­liks­be­lof­tes af­ge­lê. Die se­re­mo­nie sou op die wal van die Um­tam­vu­na-ri­vier plaas­vind, waar we­li­ge sub­tro­pie­se plan­te en ’n reus­ag­ti­ge rots­wand en wa­ter­val­le­tjie ’n klein pa­ra­dys skep. Hul trou­dag het glo­rie­ryk en vol sonskyn ge­breek, maar et­li­ke mi­nu­te voor die se­re­mo­nie het die re­ën uit­ge­sak en hul bui­te­lug­plan­ne in die wie­le ge­ry. Dit het ge­sorg vir dra­ma­tie­se en pret­ti­ge fo­to’s deur fo­to­graaf Jacki Bruniquel, Shane se sus­ter. In­tus­sen het die trou­be­plan­ner in ’n kits al­les na die ve­nue se kroeg­ge­deel­te ver­skuif en van­daar het din­ge glad ver­loop. By die ont­haal het die bruids­paar die dans­vloer met ’n rum­ba ge­o­pen – hul­le het al dik­wels in Sen­traal-A­me­ri­ka ge­reis en is dol oor daar­die lan­de se mu­siek.

DIe strooi­mei­sies se oor­slaan­rok­ke was elk­een in ’n an­der ska­ke­ring van groen.

Die bruids­paar voor die reu­se-rots­wand langs die ri­vier.

Die bo­stuk van Zo se skou­er­lo­se tul­le-rok was vol ru­che­werk – ver­ti­kaal oor die bors en in ho­ri­son­ta­le vou­tjies tot by die heup­lyn. Die hals­lyn is af­ge­rond met ’n fyn val­le­tjie. Skuins van die lin­ker­heup af tot by die reg­ter­kant­se soom van die vloei­en­de romp was ap­pliek­werk van groot tul­le-blom­me, elk met ’n pê­rel- de­tail in die mid­del.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.