Ca­ra sê

Sarie Bruid - - Myself -

My troue was nes ek dit be­plan het: ’n hul­de­blyk aan die men­se en plek wat my ge­vorm het, en aan my en Matt se oor­se­se gas­te. Ont­hou al­tyd dat per­fek­sie nie eint­lik saak­maak nie. Dis die on­be­plan­de voor­val­le wat jul­le en jul gas­te ag­ter­na met ’n glim­lag ont­hou.

Die kleu­re van die strooi­mei­sies se rok­ke is ge­ïn­spi­reer deur ju­weel­ska­ke­rings soos ro­byn­rooi en sma­rag­groen in die fliek Mon­soon Wed­ding. Elk­een kon haar eie styl hê in die kleur wat Ca­ra vol­gens haar per­soon­lik­heid vir haar ge­kies het. Die ge­volg het be­staan uit, van links, Grant Clar­ke, Kar­la Cook, Andrew Henderson, Patrick Fer­rar, Oon­agh S­chneebur­ger, die bruids­paar, Joanne Roy­den-Tur­ner, Ka­ra Bun­de-Dunn, S­te­ve Hud­son, O­li­via Sout­hey en Guy Fer­rar.

Die trou­koek was ’n suur­le­moen-kaas­koek op drie lae in­di­vi­du­e­le kaaskoekies op staan­ders, al­mal ver­sier met ’n wit­sjo­ko­la­de­kant-om­hul­sel. Die boon­ste laag was be­dek met vars bes­sies, aar­beie en ki­wi-vrug­te, eie aan Nieu-See­land.

Con­fet­ti-ho­rin­kies met Matt en Ca­ra se voor­let­ters.

Aan­den­kings vir die gas­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.