Bruids­paar van die Jaar

SARIE BRUID soek weer die spran­ke­lend­ste bruids­paar. Is jul­le tus­sen 1 Fe­bru­a­rie 2016 en 28 Fe­bru­a­rie 2017 ge­troud? Skryf in en wen groot!

Sarie Bruid - - Maande -

BREEK BIE­TJIE WEG

Ver­beel jou die vol­gen­de prent­jie: wa­ter wat oor die klip­pe kab­bel en klots, die klap­pen­de vler­ke van vo­ëls as jy jou deu­re oop­skuif en dan hoor jy ’n ge­snuif ... Is dit dalk ’n see­koei?

Jy kry al hier­die din­ge en nog meer by die vyf­ster-ho­tel Sum­mer­fields Ro­se Retre­at & Spa by Ha­zy­view na­by die Kru­ger­wild­tuin! Want Sum­mer­fields is ge­leë op 100 hek­taar aan die wal­le van die Sa­bie-ri­vier, met ma­ka­da­mia-, gre­na­del­la­en liet­sjie-boor­de so­ver as wat die oog kan sien.

Sum­mer­fields pro­du­seer ’n groot hoe­veel­heid or­ga­nie­se pro­duk­te wat in sy t­wee re­stau­ran­te voor­ge­sit word. Dit sluit al­les in van vry­lo­pen­de hoen­ders tot groen­te. Die Ri­ver Café en Sum­mer­fields Kit­chen is al­bei top-re­stau­ran­te wat deur die Wor­ld Luxu­ry Re­stau­rant A­wards 2016 ge­lys word.

Stap oor ’n brug­gie en deur die woud, en jy kom af op die Ri­ver Café,’n bis­tro-ti­pe re­stau­rant langs die Sa­bie-ri­vier. Sum­mer­fields Kit­chen is oop vir aand­e­te en baie ge­wild on­der toe­ris­te wat deur die La­e­veld reis. Die re­stau­rant kyk uit oor een van die or­ga­nie­se tui­ne, die pre­sie­se plek waar sjef Na­tia van Heer­den (wat, on­der an­de­re, by sjef Lu­ke Da­le-Ro­berts van The Test Kit­chen ge­leer het) haar in­spi­ra­sie kry vir die dag se spys­kaart. Dit ver­se­ker dat nie­mand ooit die­self­de ku­li­nê­re er­va­ring het nie. So tus­sen die plaas­le­we deur raak jy be­wus van die ro­man­tie­se ka­rak­ter van al­les wat Sum­mer­fields doen, want o­rals sien jy ro­se. Sum­mer­fields kweek sy eie ro­se en som­mer on­ge­wo­ne va­ri­ë­tei­te ook! As die prag­ti­ge na­tuur­to­ne­le en veld­le­we nog nie jou brein be­hoor­lik laat af­ska­kel het nie en jy nog meer rus­tig­heid no­dig het, be­soek die Ro­se Spa. Met be­bos­te ber­ge om jou, meer as 100 ge­ï­den­ti­fi­seer­de spe­sies vo­ëls, die ri­vier se vloei­en­de wa­ter en ’n oor­vloed sub­tro­pie­se vrug­te, sal jy na aan die na­tuur voel en net hoef te fo­kus op jou in­ner­li­ke wel­stand.

Saans gaan slaap jy in een van die tent­vor­mi­ge hui­sies op die plaas. Ont­wer­pers­meu­bels, lin­ne, en die reuk van vars ro­se sal jou wel­kom heet.

Die ge­luk­ki­ge wen­ners van SARIE se Bruids­paar van die Jaar-wed­stryd wen 2 nag­te vir 2 men­se in die Fo­rest Room van die vyf­ster- Sum­mer­fields Ro­se Retre­at & Spa ter waar­de van R15 960. Ont­byt, mid­dag- en aand­e­te is ook in­ge­sluit, as­ook al­le dran­kies in die Fo­rest Room (be­hal­we Fran­se sjam­pan­je). Ons bruids­paar wen boon­op 2 Touch of Na­tu­re-be­han­de­lings by die Ro­se Spa ter waar­de van R5 350! Die prys moet tus­sen 1 Ju­nie 2017 en 31 Mei 2018 be­nut word, hoog­sei­soen uit­ge­sluit (sien bl. 130). On­der­he­wig aan be­skik­baar­heid. Wen­ners moet self sorg vir ver­voer na en van Sum­mer­fields.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.