GROEN­SLAAI BO

Sarie Kos - - Jou Briewe -

Hoe ek groen­slaai leer ken het: Jy gooi ’n klomp op­ge­kerf­de slaai­bla­re, kom­kom­mers en ta­ma­ties in ’n bak, ver­drink dit in a­syn en sout, en voi­lá! Dis ook hoe my man dit ge­kry het kort na­dat ons ge­troud is. En ek het nog­al ge­reeld (by­na el­ke aand) ’n ou­li­ke groen­slaai­tjie voor­ge­sit.

Die man in die huis het eers ge­swyg, maar hy kon dit la­ter se­ker nie meer hou nie en het een aand ge­sê hy wil as­se­blief nie meer groen­slaai hê nie. Die groen­slaai was ook die slaai wat al­tyd oor­ge­bly het ná par­ty­tjies.

Ie­wers langs die pad het die kook­gog­ga my ge­byt en ná baie ja­re se uit­eet, lees, na­vor­sing, SA­RIE KOS-in­set­te en kos­pro­gram­me het die s­kaam, te­rug­ge­trok­ke groen­slaai, nes ek, ge­ë­man­si­peer en ’n vol­waar­di­ge slaai uit eie reg ge­word, met sy eie stem en per­soon­lik­heid. Nou word die groen­slaai eer­ste ver­or­ber en word dit selfs af­ge­neem. Hy het sy reg­ma­ti­ge plek­kie in­ge­neem en is nou sy o­lyf­o­lie werd! – A­man­da de Al­mei­da, Park­town Estate, P­re­to­ria Dit word nou weer tyd vir slaai eet. As jy ’n lek­ker slaai-re­sep het wat jy wil deel, stuur dit na die e-pos­a­dres hier­bo. – Red.)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.