Ko­ring-en-gortslaai

Sarie Kos - - Styl Kos -

In Noord-A­fri­ka staan die slaai ook be­kend as tab­bou­leh. Graan is ’n goed­koop ma­nier om baie mon­de te voed.

GE­NOEG VIR 12

• 250 g Bul­gaar­se ko­ring (kyk by

ge­sond­heids­af­de­ling) • 250 g pê­rel­gort ( pe­arl bar­ley) • 250 g koes­koes • 100 ml o­lyf­o­lie • 125 ml hoe­moes • 50 ml kook­wa­ter • sap en ge­ras­per­de skil van 1 suur­le­moen • groot hand vol I­ta­li­aan­se pie­ter­sie­lie • hand vol krui­se­ment, ge­kap • 2 rooi-uie, fyn­ge­kap • 300 g ker­sie­ta­ma­ties, ge­hal­veer • 5 wor­tels, in blok­kies ge­sny • 1 kom­kom­mer, in blok­kies ge­sny • sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per

Plaas Bul­gaar­se ko­ring en so­wat 500 ml wa­ter in pot. Bring tot kook­punt en kook tot al die vloei­stof ge­ab­sor­beer is, so­wat 10 mi­nu­te. Hou een­kant. Plaas gort en 750 ml wa­ter in pot. Bring tot kook­punt en kook tot gort sag is, 15 – 20 mi­nu­te. D­rei­neer en hou een­kant. Gooi 250 ml kook­wa­ter oor koes­koes en laat staan 10 mi­nu­te. Roer los met vurk en voeg gaar ko­ring en gort by. Meng deur en hou een­kant. Meng o­lyf­o­lie, hoe­moes en 50 ml kook­wa­ter tot glad. Voeg sap en skil van suur­le­moen by. Hou sous een­kant. Voeg res van be­stand­de­le by ko­ring­meng­sel, gooi sous oor en meng deur. Geur goed met sout en pe­per. Sit voor.

Jy speel nou jou rug­by in Frank­ryk. Wat mis jy die mees­te van Suid-A­fri­ka? Ju­an­dré Kru­ger Bil­tong – maar ek maak som­mer my eie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.