Koek­sis­ter, waar kry jy daai naam?

SA­RIE se voor­ma­li­ge kos­re­dak­teur, die i­ko­nie­se Peter Velds­man, lek die stroop af ...

Sarie Kos - - Inhoud -

Dit bly vir my on­ver­klaar­baar dat ons ba­sies net drie goed – nog­al al­mal soet, op die koop toe – in ons kos­ge­skie­de­nis het wat na Suid-A­fri­ka­ners ver­noem is: Hert­zog­gies, Jan S­mut­s­koe­kies en Ja­pie se Guns­te­ling, waar­mee S.J.A. de Vil­liers in Kook & Ge­niet ’n ode van die lief­de vir haar man ge­skep het.

Deur die ja­re heen het ver­skeie kos­skry­wers ge­poog om on­se Mi­mi Coert­se in ’n soe­te ver­lei­ding te ver­e­wig, maar die volk het

nie daar­op ge­re­a­geer nie. So was dit ook met so­praan Ce­ci­lia Wes­sels en kook­kuns­ken­ner Ko­tie van der S­puy, al­bei lank reeds oor­le­de.

Sou ’n mens dit kan toe­skryf aan ons geen-non­sen­ster­saak­lik­heid? Aan ons ge­brek aan kos-ro­man­tiek? Dalk om­dat ons in die ver­le­de so sterk in­ge­stel was op die pu­ri­tyn­se Chris­te­lik­na­si­o­na­le le­wens­uit­kyk? Dalk om­dat ons so min ge­lag het en te min vir die eie sel­wers ge­lag het?

Of sou ons so swaar ge­ly het on­der die son­de – denk­ba­re en on­denk­ba­re son­des? Waar dan is ons Te­traz­zi­ni, ons C­har­lot­te, Hèlé­ne, Su­zet­te, Pavlo­va, Mel­ba? Of daar­die be­min­li­ke twee Fran­se plat­te­land­se skin­der­tan­te­tjies wat ’n ho­tel be­sit het waar hul­le die ver­lei­de­lik­ste ap­pel­tert, wat hul­le na hul­sel­wers ge­noem het, die Tar­te Ta­tin, voor­ge­sit het?

Ek dink ons het ’n gul­de ge­leent­heid laat ver­by­gaan toe ons die ko­nin­gin van ons u­nie­ke soe­te ver­lei­ding som­mer net ’n koe(k)sis­ter ge­noem het! Sê nou net ons het dit, ter ere van die volks­plan­ter se lie­we ga­de, Ma­ria se vleg­sel ge­noem? Of dalk kon ons die oor­logs­hel­din E­mi­ly Ho­bhou­se ver­eer het? E­mi­ly’s plaits! Of pre­si­dents­vrou Tib­bie S­teyn? Nog ’n Tib­bie vir jou? Sy was mos van S­kot­se af­koms en ’n Tib­bie kon ’n ver­vor­ming van tid­bit ge­wees het.

Maar nee, ons het som­mer­so, son­der blik of bloos, dit ’n koek ge­noem en dit, dink ek, vat die koek! En dan is dit nie eens ’n koek nie.

Ek volg me­vrouw Van Tul­le­ken, wie se be­roem­de kook­boek in 1910 al ver­skyn het, na en praat van ’n koe­sis­ter. Jy kan ge­rus ook nou maar by­kom en daar­die “k” (let­ter, nie woord nie) weg­laat. ’n Deel van die be­vol­king wil dit eer­der ’n koe­sis­ter noem en ’n an­der deel van ons re­ën­boog­na­sie skep bollas en noem dit koe­sis­ters, selfs koe(k)sie­sters.

Be­weeg ons nou in die rig­ting van ’n Ba­bel­se ver­war­ring? Dan sal ek een­vou­dig maar net, aan die hand van my dier­ba­re vrien­din kos­ken­ner Cass A­bra­hams, moet ver­dui­de­lik. Wat die nie-Ma­lei­er bollas noem, is nie hoe dit deur die Ma­lei­ers ge­noem word nie. O­vaal­vor­mi­ge o­lie­bal­le wat ge­geur is met fyn kar­de­mom, fyn ka­neel, ek­stra ge­meng­de spe­se­rye en a­nys­saad voor­dat dit, net soos tra­di­si­o­ne­le koe­sis­ters, in o­lie ge­braai word, is hul­le koesi(e)sters. An­ders as die koe­sis­ter word dit nie da­de­lik in stroop ge­doop nie, maar eers wan­neer dit koud is. Daar­na moet dit in sui­ker of klap­per ge­rol word voor­dat die Ma­lei­ers dit as ’n koe­sis­ter be­skou. Wan­neer die deeg in ron­de bal­le ge­vorm word en nie ag­ter­na in klap­per ge­rol word nie, is dit ’n bol­la.

Daar is nog ’n fa­mi­lie­lid, ge­naamd skuins­koek. Hier­die Na­ma­kwa­land­se met­ge­sel vir skaap­wag­ters staan nie ver weg nie.

Par­ty men­se glo dat die wa­re koe­sis­ter net met suur­deeg be­rei moet word. Ge­duld is eg­ter nie ’n ken­merk van die mees­te van ons tuis­kok­ke nie – daar­om ge­bruik hul­le som­mer bak­poei­er.

En dan is daar die smeer­kwes­sie. Groen­te­vet? Vark­vet? Bot­ter? En met hui­we­ring, eer­der met ver­sug­ting, mar­ga­rien?

Ag, lie­we-va­der­tjie-in-die-he­mel, die stroop! Sui­ker en wa­ter, nie te dun en nie te dik ge­kook nie. Soms met ’n knip­pie wyn­steen­suur daar­by, maar al­tyd, ja al­tyd met kre­me­tart, an­ders tel jy stroop­pro­ble­me op. En vir die blink, ’n paar drup­pels g­li­se­rien.

Nou kom die lie­we goeie VLV-men­ta­li­teit in die prent­jie. El­ke bak­ster van koe­sis­ters het mos ’n ge­heim, of twee. Par­ty glo aan die si­trus-nu­an­se met re­pies suur­le­moen­skil, an­der gaan ’n stap­pie ver­der en glo aan die­self­de hoe­veel­heid le­moen­skil, en nog an­der kan een­vou­dig nie Op­per­man se nooi-in-’n-nar­tjieskil weer­staan nie. Dees­dae merk ek ook op dat goed ge­stamp­te suur­le­moen­gras-ste­le saam met die sui­ker­stroop ge­kook word.

Ek is na­tuur­lik baie in my skik dat ons hier te ma­ke het met ’n kwes­sie van dink voor jy proe en oor­dink wat jy proe. Gem­mer, vars of ge­droog, en si­trus is ’n wen­kom­bi­na­sie. Voeg nou hier­by ’n stuk­kie kas­sia of pyp­ka­neel en ’n paar kardemomsade, selfs ’n tak­kie ver­be­na, en jy ein­dig met ’n ge­nu­an­seer­de, smaak­kom­plek­se stroop. Ek weet dat par­ty an­ties des­tyds in Na­ma­kwa­land ook a­nys­stroop be­rei het toe hul ka­neel op was en, nou­ja, om hon­derd myl of wat na Clan­wil­li­am en Citrus­dal te ry om ’n suur­le­moen in die han­de te kry het nie e­ko­no­mie­se sin ge­maak nie.

Hier­die kom­plek­se stroop is nie vir al­mal nie. Jy moet jou sma­ke en jou ver­hou­dings ken. Haas­ti­ge hond sal sy mond ver­brand of moet ek nou eer­der sê on­oor­deel­kun­di­ge baksters kan mak­lik me­di­sy­ne eer­der as stroop maak!

So ’n de­ka­de ge­le­de was as (ja ver­bran­de hout) ’n ont­dek­king by die groot sjefs van die wê­reld. Dit was net as-sous hier en as-sous daar! Nou won­der ek of een van die Ho­ë­veld­vroue al oor­weeg het om ’n stuk­kie steen­kool in die stroop te sit? Wat van wil­de dag­ga? Koe­ja­wel­skil?

Voor­dat ek heel­te­mal die kluts kwyt raak met my ver­beel­dings­vlug, wil ek, soos ’n goeie pre­di­ker, saam­vat en af­sluit. Koe­sis­ters is ver­e­wig, en dank die Va­der daar­voor, met ’n stand­beeld, want dit ver­dien ’n stand­beeld.

Eer­stens het dit van me­ni­ge huis­vrou ’n en­tre­pre­neur ge­maak en dié het ons dees­dae by hul mil­joe­ne no­dig. Hoe­veel kin­ders se sak­geld het Ma nie in haar kom­buis ver­dien nie?

Twee­dens is dit ’n wa­re kul­tuur­skep­ping en ons ant­woord op die Fran­se se ver­e­ring van Na­po­le­on, die Tur­ke en G­rie­ke se bak­la­va, die S­wit­sers se me­rin­gue en die Hon­ga­re se stru­del.

Daar is net een ding wat my be­kom­mer. Ons hoor daag­liks van die ge­va­re van sui­ker, waar­op die sui­ker­men­se die volk her­in­ner dat ’n mens e­ner­gie no­dig het. Nou sê nou net die Mi­nis­ter van On­der­wys kry dit in die kop dat el­ke skool­gaan­de kind el­ke dag ’n koe­sis­ter moet kry …

Laat ’n mens dink, of hoe?

Maar nee, ons het som­mer­so, son­der blik of bloos, dit ’n koek ge­noem en dit, dink ek, vat die koek! En dan is dit nie eens ’n koek nie

Peter Velds­man

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.