30 pas­teie vir voor die TV

Jou men­se sal die groot rug­by nog meer waar­deer met hier­die smaak­li­ke pas­tei­tjies

Sarie Kos - - Inhoud - deur BAR­BA­RA JOU­BERT as­sis­tent Ta­nya Pöhl fo­to’s MIC­KY HOYLE

1BOBOTIE PAS­TEI

GE­NOEG VIR 2 GROOT PAS­TEIE Ver­hit oond tot 180 °C. Week 2 snye wit­brood 10 mi­nu­te in 125 ml wa­ter. Druk vloei­stof uit brood en plaas in meng­bak. Ver­hit so­wat 40 ml o­lyf­o­lie in ’n pan en braai 2 ge­kap­te uie tot sag en deur­sky­nend. Voeg 5 ml bor­rie, 15 ml ker­rie­poei­er en 15 ml fyn ap­pel­koos­kon­fyt by. Meng goed. Laat meng­sel af­koel. Voeg 500 g maal­vleis by brood en meng. Voeg ui­e­meng­sel by en geur met sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per. Meng goed en skep in oond­bak van 26 x 7 cm. Bak so 45 mi­nu­te tot gaar. Laat af­koel. Sny bo­bo­tie in 2 groot blok­ke. Vou bo­bo­tie­stuk­ke toe in 2 x 400 g-vel­le blaardeeg. Verf met 1 ge­klits­te ei­er en plaas lou­rier­bla­re bo­op. Plaas op uit­ge­voer­de bak­plaat. Bak 30 – 35 mi­nu­te.

2SPRINGBOKWILDS PAS­TEI

GE­NOEG VIR 4 PAS­TEIE Sny been uit so­wat 500 g spring­bok­vleis en sny in groot stuk­ke. Ver­hit 20 ml o­lyf­o­lie in ’n groot ka­strol en braai 1 ge­kap­te ui en 100 g blok­kies stre­pie­spek so 8 mi­nu­te. Voeg vleis by en braai nog 10 mi­nu­te. Voeg 20 ml bruin a­syn, sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per, 1 lou­rier­blaar en 250 ml wa­ter by. Maak ka­strol toe met dek­sel en laat so 4 uur sta­dig prut. Maak vleis los met vurk en laat af­koel. Ver­hit oond tot 180 °C. Spuit 4 hol­tes van groot muf­fin­pan met kleef­we­ren­de kos­sproei. Voer uit met 1 x 400 g-vel blaardeeg. Skep vul­sel in en sny 4 dop­pies uit nog ’n vel blaardeeg. Plaas op vul­sel en verf met 1 ge­klits­te ei­er. Sny ’n spring­bok­kop uit res van deeg

en plaas bo-op. Verf met ge­klits­te ei­er en bak 30 – 35 mi­nu­te.

3 SPEK-AAR­TAP­PEL- EN-KAASPASTEI

GE­NOEG VIR 1 GROOT PAS­TEI Ver­hit oond tot 180 °C. Skil 4 gaar aar­tap­pels en sny in sky­we. Ver­hit so­wat 30 ml o­lyf­o­lie en braai 4 re­pies stre­pie­spek (in blok­kies ge­sny) tot bros. Skep uit en d­rei­neer op kom­buis­pa­pier. Sny 1 groot sir­kel uit 1 x 400 g-vel blaardeeg. Pak 1 laag aar­tap­pels bo-op, maar hou ’n rand van so­wat 3 cm oop. Smeer bie­tjie van 125 g crè­me fraî­che bo-op en sprin­kel bie­tjie van 100 g ge­ras­per­de ched­dar­kaas bo-op. Geur met sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per. Herhaal lae met res van be­stand­de­le. Sny ’n gro­ter sir­kel uit nog ’n vel blaardeeg en plaas bo-op. Druk rand ste­wig vas. Plaas op uit­ge­voer­de bak­plaat en verf met 1 ge­klits­te ei­er. Ver­sier bo-op met oor­skiet­deeg en plaas in oond. Bak 30 – 45 mi­nu­te.

4 SPI­NA­SIE-EN- FETAKAASPASTEI

GE­NOEG VIR 4 PAS­TEIE Ver­hit oond tot 180 °C. Dom­pel 200 g ba­ba-spi­na­sie­bla­re in kook­wa­ter en laat staan tot ver­welk. D­rei­neer in ver­giet­tes en druk oor­tol­li­ge vloei­stof uit. Kap spi­na­sie fyn. Ver­hit 30 ml o­lyf­o­lie in ’n pan en braai hal­we ge­kap­te ui en 2 knof­fel­hui­sies tot ui sag en deur­sky­nend is. Voeg spi­na­sie by en braai so­wat 5 mi­nu­te. Laat af­koel en krum­mel 3 wie­le fe­ta­kaas by. Meng en geur met sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per. Sny vier groot vier­kan­te uit 2x 400 g-vel­le blaardeeg. Smeer ran­de met 1 ge­klits­te ei­er en skep vul­sel aan die een kant van el­ke stuk deeg. Vou toe en druk ste­wig vas. Verf met res van ge­klits­te ei­er en plaas op uit­ge­voer­de bak­plaat. Plaas in oond en bak 30 – 35 mi­nu­te.

5 PREI-SAM­PI­OEN- EN-KAASPASTEI

GE­NOEG VIR 4 PAS­TEIE Ver­hit oond tot 180 °C. Sny 4 preie in sky­we en spoel goed af. Ver­hit 60 ml o­lyf­o­lie in pan en braai preie tot sag. Voeg 2 ge­kap­te knof­fel­hui­sies en 125 g ge­sny­de wit sam­pi­oe­ne by en braai tot sam­pi­oe­ne sag is. Geur met sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per en laat af­koel. Voeg 100 g ge­ras­per­de par­me­saan­kaas by en meng goed. Sny vier groot sir­kels uit 1 x 400 g-vel blaardeeg. Smeer die ran­de met 1 ge­klits­te ei­er en skep vul­sel op een kant van die sir­kel. Vou toe en druk ste­wig vas. Plaas op uit­ge­voer­de bak­plaat en plaas in oond. Bak 30 – 35 mi­nu­te tot goud­bruin en bros.

6 RI­COT­TA-SPI­NA­SIE- EN-SPEKPASTEI

GE­NOEG VIR 4 PAS­TEIE Ver­hit oond tot 180 °C. Dom­pel 200 g ba­ba-spi­na­sie­bla­re in bak met kook­wa­ter. Laat staan tot dit ver­welk. D­rei­neer in ver­giet­tes en druk oor­tol­li­ge wa­ter uit. Kap grof. Sny 4 re­pies stre­pie­spek in blok­kies. Ver­hit 30 ml o­lyf­o­lie in pan en braai spek tot bros. Voeg 2 fyn­ge­kap­te knof­fel­hui­sies en spi­na­sie by en braai nog 5 mi­nu­te. Laat af­koel en voeg 200 g ri­cot­ta­kaas en 1 ge­klits­te ei­er by en meng goed. Geur met sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per. Sny 8 vier­kan­te uit 1 x 400 g-vel blaardeeg. Skep vul­sel op 4 vier­kan­te en smeer 1 ge­klits­te ei­er om ran­de. Maak toe met an­der 4 deeg­vier­kan­te en druk ran­de ste­wig vas. Smeer res van ge­klits­te ei­er bo-op en plaas op uit­ge­voer­de bak­plaat. Plaas in oond en bak 30 – 35 mi­nu­te.

7 BIL­TONG-EN- KAASPASTEI

GE­NOEG VIR 1 GROOT PAS­TEI Ver­hit oond tot 180 °C. Meng 100 g ge­ras­per­de wit ched­dar­kaas en 150 g ge­sny­de bees­bil­tong in ’n meng­bak. Sny 1 x 400 g-vel blaardeeg in twee groot vier­kan­te. Skep vul­sel op een vier­kant en smeer ran­de met 1 ge­klits­te ei­er. Plaas an­der vier­kant bo-op en smeer met ge­klits­te ei­er. Ver­sier bo-op met oor­tol­li­ge deeg en smeer met res van ge­klits­te ei­er. Plaas in oond en bak 30 – 35 mi­nu­te tot goud­bruin en bros.

8 KAAS-EN- UIEPASTEI

GE­NOEG VIR 4 PAS­TEIE Ver­hit oond tot 180 °C. Ver­hit 60 ml o­lyf­o­lie en 15 ml bot­ter saam in ’n pan en voeg 2 uie (in sky­we ge­sny) en 2 fyn­ge­kap­te knof­fel­hui­sies by. Braai tot sag en deur­sky­nend en geur met sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per. Laat af­koel en voeg 100 g ge­ras­per­de wit ched­dar­kaas by. Sny vier lang stro­ke uit 1 x 400 g-vel blaardeeg. Verf ran­de met 1 ge­klits­te ei­er. Skep vul­sel bo-op. Sny kan­te in re­pe en vleg bo-oor. Verf met ge­klits­te ei­er en plaas op uit­ge­voer­de bak­plaat. Plaas in oond en bak 30 – 35 mi­nu­te tot goud­bruin en bros.

9 BOT­TER­SKOR­SIE-EN-FETAKAASPASTEI

GE­NOEG VIR 6 PAS­TEIE Ver­hit oond tot 180 °C. Plaas 300 g bot­ter­skor­sie (in blok­kies ge­sny) op bak­plaat. Sprin­kel 60 ml o­lyf­o­lie oor en geur met sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per en 3 klein tak­kies vars tie­mie. Plaas in oond en bak tot sag. Haal uit en laat af­koel. Krum­mel 2 wie­le fe­ta­kaas en meng met bot­ter­skor­sie. Sny 1 x 400 g-vel blaardeeg in 6 lang stro­ke en skep vul­sel aan een kant van el­ke s­trook. Verf ran­de met 1 ge­klits­te ei­er en vou toe. Verf res van ge­klits­te ei­er bo-op en plaas op uit­ge­voer­de bak­plaat. Plaas in oond en bak 30 – 35 mi­nu­te tot goud­bruin en bros.

10 FO­REL-EN-PREIPASTEI

GE­NOEG VIR 6 PAS­TEIE Ver­hit oond tot 180 °C. Plaas 250 g fo­rel­fi­let op ’n bak­plaat en sprin­kel so 40 ml o­lyf­o­lie oor. Bak 10 mi­nu­te. Haal uit oond en laat af­koel. Sny 4 ba­ba-preie in sky­we en spoel deeg­lik af. Ver­hit 30 ml bot­ter in pan en voeg preie en 2 fyn­ge­kap­te knof­fel­hui­sies by. Braai tot preie sag is en geur met sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per. Laat af­koel. Vlok fo­rel in stuk­ke en voeg by preie. Voeg 125 g crè­me fraî­che by en meng goed. Sny 2 x 400 g-vel­le blaardeeg in 12 vier­kan­te. Skep vul­sel op 6 vier­kan­te en smeer ran­de met 1 ge­klits­te ei­er. Maak vier­kan­te toe met an­der 6 deeg­vier­kan­te en verf res van ge­klits­te ei­er bo-op. Plaas op uit­ge­voer­de bak­plaat en plaas in oond. Bak 30 – 35 mi­nu­te tot goud­bruin en bros.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.