KO­S­ER­VA­RING IN BRA­SI­LIË

Sarie Kos - - Jou Briewe - – Yo­lan­dé Fou­rie, Kathu

Ek woon die laas­te 8 maan­de in Bra­si­lië en ont­vang ge­trou my e-uit­ga­wes van SA­RIE KOS.

My ou­ers het my ty­dens die Paas­fees be­soek. Ons het ’n strand­dorp na­by Rio de Ja­nei­ro met die naam Ar­mação dos Bú­zi­os gaan ver­ken. Ter­wyl ons in per­fek­te weers­om­stan­dig­he­de op ’n boot op die see ge­vaar het, het plaas­li­ke en­tre­pre­neurs met ’n self­ge­maak­te braai op hul boot­jie ons ver­ras. Hul­le het vars ge­braai­de gar­na­le (ca­marão) en ke­babs ver­koop aan die va­kan­sie­gan­gers wat die boot­rit saam met ons ge­niet het.

Dit was per­fek vir ons wat toe al lek­ker hon­ger was na­dat ons ’n keer of wat in die see ge­duik het. Die diens was uit­ste­kend en die glim­lag­ge vrien­de­lik, en ons het al­mal heer­lik ge­smul aan ons vars weg­neem-e­tes uit die “see”.

Vir ons as Suid-A­fri­ka­ners was dit ’n kos­ver­ras­sing wat ons lank sal ont­hou. Ek keer bin­ne­kort te­rug na SA en sien uit om al die fa­mi­lie en vrien­de te ont­haal in reg­te Bra­si­li­aan­se styl.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.