KOOK­SKOOL OP TUL­BAGH

Sarie Kos - - Joubriewe - – Mar­le­ne de Muynk, So­mer­set-Wes

My dog­ter het my aan­ge­moe­dig om die kook­skool by te woon wat SA­RIE in Au­gus­tus op Tul­bagh in die Koe­ke­door­stoor aan­ge­bied het. Wat ’n won­der­li­ke tyd was dit nie, dank­sy die gas­vry­heid van SA­RIE KOS se kos­re­dak­teur, Bar­ba­ra Jou­bert, en haar span.

Die kur­sus is in A­fri­kaans aan­ge­bied en Car­men Bot­ma van SA­RIE het my voor­af ge­vra of ek ge­mak­lik is daar­mee, om­dat ek En­gels met haar ge­praat het. Ek het haar ver­se­ker ek voor­sien nie pro­ble­me nie, want ek het in ’n A­fri­kaan­se huis groot­ge­word.

Bar­ba­ra, wat vlot twee­ta­lig is, het meest­al met my En­gels ge­praat. Ek het baie tuis ge­voel en ook die ge­leent­heid ge­bruik om my A­fri­kaans te ver­be­ter.

Her­man Len­sing, kos­re­dak­teur van SA­RIE, was heel­tyd teen­woor­dig en het cap­puc­ci­no’s ge­maak en ont­byt met styl en ’n glim­lag voor­ge­sit. En hy het so ’n goeie sin vir hu­mor – ’n wa­re “to­nic”.

Bar­ba­ra het re­sep­te uit haar won­der­li­ke rei­se ge­kies en só het ons ook I­ta­lië, die Ka­roo en Frank­ryk “be­soek” en ge­reg­te uit daar­die wê­reld­de­le be­rei.

Dit was ’n voor­reg om deel te wees van die eer­ste SA­RIE-kook­skool op Twee Jon­ge Ge­zel­len op Tul­bagh. Ek het soos ’n ce­leb ge­voel met al die be­derf en ge­skenk­sak­kies en is be­slis reg vir die vol­gen­de een.

SA­RIE KOS, jul­le het my ho­ri­son­ne ver­breed. Baie dan­kie.

Brief uit En­gels ver­taal. – Red.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.