Woor­de-met-wyn-boek­klub

JOHANNESBURG

Sarie Kos - - Tuiskos - Deur MAR­GUE­RI­TE VAN WYK

KUI­ER El­ke ses we­ke by ’n an­der lid se huis TYD Soms in die week, soms oor na­we­ke, saans LE­DE Ta­nia Coet­zee, se­ni­or ver­koops­be­stuur­der, Co­leen Cloe­te, ont­wer­per, Son­ja Ar­low, se­ni­or ver­koops­be­stuur­der, Na­dia Jor­daan, be­mag­ti­gings­be­stuur­der en Da­leen ter Wol­beek, sa­ke­vrou van die Wes-Rand

Lek­ker kos, goeie wyn en ’n in­for­me­le at­mos­feer … Dít is die suk­ses­re­sep van die Woor­de-metwyn-boek­klub van die Wes-rand.

Aan die woord is sa­ke­vrou Da­leen ter Wol­beek: “Ons be­spreek die boe­ke wat ons ge­lees het en daar­na ruil ons dit on­der me­kaar uit. Ge­woon­lik word so­wat 35 per­sent van die by­een­koms aan boek­ge­sel­sies af­ge­staan en 65 per­sent aan kui­er – kos en wyn drink,” ver­tel sy. Dis ’n ge­leent­heid wat in al­mal se dag­boek ge­skryf word en nie­mand loop dit som­mer mis nie.

Da­leen bieg sy’s eint­lik ’n y­we­ri­ge foodie en soms meer ge­ïn­te­res­seerd in die lek­ker kos as in die boe­ke. Die ete word be­plan deur die lid by wie die boek­klub by­een­kom. “Ons het ho­pe pret. Wat is dan nou lek­ker­der as om saam te kui­er en ’n bie­tjie te ont­span met goeie kos en wyn. Met die laas­te boek­klub-ge­leent­heid was daar In­die­se kos op die spys­kaart. “

En moe­nie die wyn ver­geet nie. ’n Paar van die vroue ver­kies om net von­kel­wyn te drink, ver­al dié

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.