EET BY DIE NU­WE BOSCHEN­DAL

Sarie Kos - - Wyn -

Die weel­de­ri­ge eet­plek The Werf-re­stau­rant is pas op die Boschen­dal­land­goed ge­o­pen. Die styl­vol­le de­kor is ‘n kom­bi­na­sie van die ver­le­de en die he­de, met boe­re-sjiek bin­ne en glas­pa­ne­le wat oop­vou op vis­tas van die groen­te­tuin en die Dra­ken­stein-berg­reeks in die ver­te. Vir die spys­kaart be­rei uit­voe­ren­de sjef Chris­ti­aan Camp­bell sei­soe­na­le ge­reg­te wat be­paal word deur wat al­les in die na­tuur be­skik­baar is. Vars BRO­DE, GE­ROOS­TER­DE RIB­BE­TJIES EN BORSSTUK – af­koms­tig van die kud­de An­gus-bees­te wat op die ei­en­dom wei – as­ook ge­rook­te vleis en vis en aan­lok­li­ke na­ge­reg­te word op die spys­kaart aan­ge­bied. ’n Lek­ker op­sie is om saam met ’n met­ge­sel een van die “dis­se vir twee” te be­stel. Be­groot vir so­wat R400 per per­soon. Ska­kel 021 870 4290 vir be­spre­king.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.