OOR­NAG­LAMS­BLAD MET KRUI­SE­MENT

Sarie Kos - - Stylkos -

(sien bl. 25) Op die oor­spronk­li­ke Ti­ta­nic- spys­kaart was lam met krui­se­ment­sous. Ek ge­bruik ’n ont­been­de lams­blad met ’n krui­se­ment­vul­sel wat ook bo-oor ge­sprin­kel word. Maak die blad oor­nag in die oond gaar.

• 3 SNYE WIT­BROOD MET KOR­SIES

• 30 G PIE­TER­SIE­LIE, NET BLAARGEDEELTE

• 10 G KRUI­SE­MENT, NET BLAAR­TJIES

• 3 KNOF­FEL­HUI­SIES

• 45 ML GE­SMEL­TE BOT­TER

• SOUT EN VARS­GE­MAAL­DE SWART­PE­PER

• 2 KG ONT­BEEN­DE LAMS­BLAD

• 100 ML O­LYF­O­LIE

• 125 ML WIT­WYN

• 250 ML KOOK­WA­TER

• 15 ML BOT­TER

Ver­hit oond se roos­ter-e­le­ment. Breek brood in stuk­ke en plaas in voed­sel­ver­wer­ker. Voeg pie­ter­sie­lie, krui­se­ment en knof­fel by. Kap fyn. Skep uit in meng­bak. Voeg ge­smel­te bot­ter by en geur met sout en pe­per. Meng goed en hou vul­sel een­kant. Vlek ont­been­de blad oop op werk­vlak. Geur met sout en pe­per. Skep helf­te van vul­sel op blad. Vou blad toe en bind ste­wig vas met tou. Sprin­kel helf­te van o­lyf­o­lie in groot oond­bak. Plaas blad­be­ne (sien WENK) in o­lie. Plaas toe­ge­bin­de blad op be­ne en geur met sout en pe­per. Gooi res van o­lyf­o­lie oor. Plaas on­der roos­ter-e­le­ment en oond­roos­ter tot mooi bruin. Haal uit oond en ver­laag tem­pe­ra­tuur tot 120 °C. Gooi wyn in oond­bak en maak bak ste­wig toe met foe­lie. Plaas te­rug in oond en oond­bak oor­nag of 8 uur. Haal bak uit en hou een­kant tot be­no­dig. Ver­hit weer net voor op­die­ning. Haal vleis uit oond­bak en hou warm een­kant. Skep be­ne uit bak. Plaas oond­bak di­rek op stoof­plaat en voeg die kook­wa­ter by. Ver­hit tot kook­punt en roer heel­tyd. Laat sous ef­fens af­kook en geur met sout en pe­per. Voeg bot­ter by en meng tot sous ver­dik het. Gooi sous in sous­bak­kie. Gooi oor­bly­wen­de vul­sel in groot pan en braai tot net warm. Plaas blad op op­dien­bord en gooi ge­braai­de vul­sel oor. Sit warm voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.