Vir my was die lek­ker­ste

Sarie Kos - - Inhound - Bar­ba­ra Jou­bert kos­re­dak­teur SA­RIE KOS

deel van ont­haal nog al­tyd om die spys­kaart te be­plan.

Ja­re ge­le­de, toe ek nog by my ou­ers ge­bly het, het my ma baie Johannesburg toe ge­gaan vir werk. En dan was dit my kans om my vrien­de te nooi vir ete.

Dae lank het ek aan ’n spys­kaart ge­dink. Selfs in die aand as ek in my bed ge­lê het. Ek het ook moei­te ge­doen om ’n mooi ta­fel te dek.

Turk­se kos was een van my guns­te­lin­ge. In daar­die ja­re was Me­di­ter­reen­se kook­kuns nog baie nuut in die Kaap, waar ek groot­ge­word het.

Twee dae voor die tyd het ek al met die me­ze­bord be­gin – hoe­moes (ke­ker­ert­jie­pa­tee), tzat­zi­ki en ge­roos­ter­de soet­ris­sies. Die dag van die ete het ek self my pi­ta­bro­de ge­bak. Dit was ’n ma­ra­thon, maar al­les op ta­fel het eer­ste­klas ge­smaak en al­mal het heer­lik ge­kui­er.

Met hier­die spys­kaart-uit­ga­we van SA­RIE KOS maak ons jou le­we mak­li­ker, want jy hoef nie soos ek in die bed te lê en won­der wat jy gaan op­dis nie.

As jy by­voor­beeld lus het vir gróót kook, kan jy my weer­ga­we van die laas­te maal op die le­gen­da­rie­se Ti­tan­tic op bl. 20 pro­beer. En ek het nie eens al die ge­reg­te ge­maak nie. Dit klink van­dag dalk v­reemd dat die skip se spys­kaart so ly­wig was, maar eet was se­ker om­trent al ver­maak wat die pas­sa­siers ge­had het.

As net jy en jou ge­lief­de gaan aan­sit, kan jy die spys­kaart vir twee met net 5 be­stand­de­le oor­weeg. Dis mak­lik en be­kos­tig­baar.

En dan ons al­mal se groot pyn op die oom­blik – beurt­krag. Ek het ’n op­los­sing vir jou. Be­soek die naas­te I­ta­li­aan­se de­li om ’n wen-spys­kaart by­me­kaar te sit – kyk op bl. 50 hoe dit ge­doen word.

Maak se­ker jy hou hier­die uit­ga­we van SA­RIE KOS by­der­hand om jou te help wan­neer die ont­haal­gog­ga byt.

Lek­ker kook

Bar­ba­ra

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.