Turks­vy-sui­ker­bek­kie­koek

Sarie Kos - - Op Ons Bord -

(bl. 34) Ek is mal oor sui­ker­bek­kie­koek ( hum­ming­bi­rd

ca­ke). Met turks­vy as deel van die be­stand­de­le is die teks­tuur ek­stra klam en sag.

Ge­noeg vir 1 koek

400 g (500 ml) sui­ker

4 ei­ers

375 ml son­ne­blom­o­lie

280 g (500 ml) koek­meel

10 ml bak­poei­er

5 ml koek­so­da

10 ml fyn ka­neel

750 ml ge­ras­per­de wor­tel

200 ml fyn klap­per

4 rooi turks­vye, ge­skil en fyn­ge­druk

1 x 410 g-blik fyn pyn­ap­pel, ge­drei­neer

VERSIERSEL

2 x 250 g-hou­ers room­kaas

100 g ver­sier­sui­ker

sap en ge­ras­per­de skil van 2 suur­le­moe­ne

10 ma­ca­rons

100 g heu­ning­koek­lek­kers ( ho­ney­comb), fyn­ge­breek Ver­hit oond tot 180 °C. Spuit 30 cm-los­boom­pan met kleef­we­ren­de kos­sproei en voer uit met bak­pa­pier. K­lits sui­ker, ei­ers en o­lie saam. Voeg meel, bak­poei­er, koek­so­da en ka­neel by ei­er­meng­sel en roer tot glad. Voeg wor­tel, klap­per, turks­vye en pyn­ap­pel by. Gooi in pan en bak 1 uur of tot ’n toets­pen skoon uit­kom. Laat af­koel in die pan.

Versiersel Meng room­kaas, ver­sier­sui­ker, en sap en skil van suur­le­moe­ne saam tot glad. Plaas af­ge­koel­de koek met on­der­kant na bo op op­dien­bord. Skep van versiersel bo-op koek en s­meer ge­lyk met slap­lem­mes. S­meer res van versiersel rond­om koek. Plak ma­ca­rons en fyn heu­ning­koek­lek­kers aan kant van koek. Sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.