GOEIE GRA­NE UIT DIE OU TYD

Om ge­sond te le­we, meen die ken­ners, moet ons kook met an­tie­ke gra­ne, want dis vry van hor­mo­ne en ge­ne­tie­se ver­an­de­rin­ge. Kom maak saam met my geu­ri­ge ge­reg­te van hier­die stok­ou graan­soor­te, dees­dae oral in die win­kels be­skik­baar

Sarie Kos - - Stylkos - deur HERMAN LENSING fo­to’s MICHAEL LE GRANGE

Dis ’n groep gra­ne wat al eeue lank ver­bou en ge­bruik word. Dit het oor hon­der­de ja­re, som­mi­ge sê selfs dui­sen­de, die­self­de ge­bly. En het dus ’n voor­sprong bo mo­der­ne va­ri­an­te soos ko­ring, rog en mie­lies wat deur krui­sing of ge­ne­tie­se ver­an­de­rin­ge om­vorm is.

Dis tans ’n warm t­rend en ook nie net on­der nie. Ja, die na­me klink baie ek­so­ties: tef, ein­korn, em­mer, a­ma­rant, boer­man­na ( freek­eh, wil­de­rys, quin­oa, spelt, bok­wiet, chia. Maar dis eint­lik in die voe­ding­kun­di­ge voor­de­le waar die ou gra­ne bo hul mo­der­ne ma­ters uit­styg.

An­tie­ke gra­ne het dik­wels ’n lek­ker taai­e­ri­ge teks­tuur, word op ’n eko-vrien­de­li­ke ma­nier ver­bou en is ’n nut­ti­ge al­ter­na­tief as jy ’n glu­ten- en/of ko­ring­vrye di­eet volg. Of selfs net vir af­wis­se­ling in jou di­eet. Om­dat dit meest­al in die “heel­graan”-vorm ge­kook word, is dit baie ge­son­der as ge­pro­ses­seer­de en ver­fyn­de mo­der­ne gra­ne (soos ko­ring, gort, rog).

Nog voor­de­le: Dit het oor die al­ge­meen meer pro­te­ïe­ne (goeie nuus vir ve­ge­ta­ri­ërs/vegans), vi­ta­mie­ne en ve­sel. (Maar soms ook meer ki­lo­jou­les.)

S­tu­dies wys men­se wat meer vol­graan eet, het ge­woon­lik la­er cho­les­te­rol­vlak­ke. Ook is jy min­der ge­neig om di­a­be­tes en se­ke­re kan­kers te ont­wik­kel, ver­al bors- en ko­lon­kan­ker. Na­vor­sing kop­pel dit ook aan ’n la­er ri­si­ko vir hoë bloed­druk. – Ly­dia van der Mer­we, SARIE-ge­sond­heids­re­dak­teur

BRONNE w­ho­le­grain­scoun­cil.org, www.he­alth.har­vard.edu, food­wa­tch.com.au, to­days­die­ti­ti­an.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.