Pes­to-roos­ter­brood met oond­ge­bak­te boe­re­wors frik­ka­del­le

Sarie Kos - - Herfskos vir weeksaande -

(bl. 84) Boe­re­wors is al ja­re ’n kort­pad in my kom­buis. Son­der te veel werk het jy ek­stra geur in jou kos.

Ge­noeg vir 4

500 g boe­re­wors 45 ml o­lyf­o­lie 1 ui, ge­kap 2 knof­fel­hui­sies, ge­kap 20 ml heel ko­myn­saad 6 ta­ma­ties, grof­ge­kap 150 ml rooi­wyn sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per 45 ml bot­ter 8 snye Fran­se brood 60 ml ba­si­lie­kruid-pes­to 400 g ker­sie­ta­ma­ties, ge­hal­veer

Ver­wy­der die vleis uit die wors se derm en vorm hap­pie­groot­te frik­ka­del­le daar­van. Ver­hit braai­pan tot warm en voeg o­lie by. Braai ui, knof­fel en ko­myn tot geu­rig, 3–5 mi­nu­te. Voeg ta­ma­ties en rooi­wyn by en bring tot kook­punt. Geur met sout en pe­per. Laat kook 10 mi­nu­te. Pak frik­ka­del­le in warm sous en laat prut 10–12 mi­nu­te of tot gaar. Ter­wyl frik­ka­del­le prut, ver­hit twee­de braai­pan tot warm en s­melt bot­ter in pan. Braai snye brood tot goud­bruin en bros. S­meer met pes­to. Ver­wy­der frik­ka­del­le van hit­te en roer ker­sie­ta­ma­ties by sous. Sit frik­ka­del­le voor met pes­to-brood­jies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.