Tan­nie Poppie se pampoentert

Sarie Kos - - In Seisoen -

(bl. 91) Daar is iets aan hier­die Kok­ke­door

tan­nie. Haar pampoentert het, nes sy, die land aan die praat en dit bly een van SARIE. com se ge­wild­ste re­sep­te. Hier is hy weer, maar ek sit ’n klein kin­kel by: a­man­del-en-spek­krum­mels!

Ge­noeg vir 6

1 kop­pie (250 ml/200 g) sui­ker 5 tee­le­pels (25 ml) koek­meel 1 tee­le­pel (5 ml) sout 2 ml fyn ka­neel 3½ eet­le­pels (55 ml/60 g) on­ge­sou­te bot­ter, ge­smelt 3 kop­pies (750 ml) fyn­ge­maak­te gaar pam­poen 1 kop­pie (250 ml) room 3 ei­ers 250 g blok­kie­spek 100 g ge­vlok­te a­man­dels

Ver­hit oond tot 150 °C. Sif droë be­stand­de­le saam in ’n meng­bak. Voeg res van be­stand­de­le be­hal­we spek en a­man­dels by en meng goed. Skep in ge­smeer­de tert­bak van so 30 x 25 cm en plaas in oond. Die tert bak so 1½ uur. Maak in­tus­sen die spek-en-a­man­del­krum­mels. Ver­hit braai­pan tot warm en droog­braai spek­blok­kies tot goud­bruin en bros. Voeg a­man­del­vlok­kies by en braai nog 1 mi­nuut of tot a­man­dels goud­bruin is. Haal gaar tert uit oond en sprin­kel spek-en-a­man­del­krum­mels oor. Sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.