PAM­POEN-ARANCINI (RISOTTO-BAL­LE)

Sarie Kos - - In Seisoen -

Ge­noeg vir 18–20

30 ml o­lyf­o­lie 1 ui, fyn­ge­kap 2 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­kap 250 ml ar­bo­rio-rys 250 ml wit­wyn 650 ml hoen­der­af­trek­sel 300 g pam­poen­blok­kies, ge­stoom tot gaar 1 x 230 g-hou­er LANCEWOOD® Me­di­um Fat C­re­am C­hee­se Plain 50 g parmesaan-kaas, fyn­ge­ras­per sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per

140 g (250 ml) koek­meel 2 ei­ers, ge­klits 250 g fyn brood­krum­mels 100 ml ba­si­lie­kruid-pes­to

Ver­hit o­lyf­o­lie in groot, diep pan. Braai ui en knof­fel tot sag en deur­sky­nend. Voeg rys by en braai nog 5 mi­nu­te. Gooi wyn oor en laat sta­dig kook tot al­les deur rys ge­ab­sor­beer is. Skep af­trek­sel le­pel vir le­pel by en roer goed ná el­ke by­voe­ging. Wan­neer al die af­trek­sel by­ge­voeg is en rys kle­we­rig lyk, voeg pam­poen by en bring weer tot kook­punt. Voeg

LANCEWOOD®-room­kaas by en roer goed. Prut tot rys heel­te­mal gaar is en die risotto-meng­sel ’n ro­me­ri­ge teks­tuur het. Ver­wy­der van hit­te en vou parmesaan-kaas by. Geur goed met sout en swart­pe­per. Laat af­koel tot heel­te­mal koud en ge­stol. Skep le­pels­vol van die meng­sel uit en rol bal­le met hand­palms. Doop in koek­meel, dan in ei­er en laas­te in krum­mels. Her­haal tot al die risotto op is. Diep­braai in warm o­lie tot goud­bruin en bros. Sit voor met LANCEWOOD® Sour C­re­am (op­si­o­neel) en ba­si­lie­kruid-pes­to.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.