Groenslaai met man­go-sous

Sarie Kos - - Goedvoel-kos -

(bl. 51) Freek­eh (jong groen ko­ring) is een van van­jaar se ge­wild­ste be­stand­de­le. Die soet, ro­me­ri­ge sous maak die graan­slaai bui­ten­ge­woon lek­ker.

Ge­noeg vir 6

170 g (250 ml) groen freek­eh 400 g as­per­sies, in kook­wa­ter ge­dom­pel 2 a­vo­ka­do’s, ont­pit, ge­hal­veer en ge­skil 100 g ont­pit­te groen o­ly­we sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per ba­si­lie­kruid vir voor­sit

SLAAI­SOUS 1 man­go, ge­skil en ont­pit 1 brand­ris­sie 50 ml wit­wyn-a­syn 100 ml o­lyf­o­lie Bring freek­eh en 500 ml wa­ter tot kook­punt in groot pot. Kook 15–20 mi­nu­te of tot graan sag en gaar is. D­rei­neer en spoel af on­der koue wa­ter. Hou een­kant. Plaas al die slaai­sous-be­stand­de­le in groot meng­bak en ver­pulp met staaf­men­ger tot glad. Plaas gaar freek­eh in slaai­bak en voeg as­per­sies, a­vo­ka­do’s en o­ly­we by. Geur goed met sout en pe­per en meng deur met slaai­le­pels. Gooi man­go-slaai­sous oor en gar­neer met vars ba­si­lie­kruid. Sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.