Gem­mer­bier

Sarie Kos - - Die koskollig -

Is daar dan iets wat jou so goed laat voel soos ys­koue gem­mer­bier? Gem­mer is boon­op baie be­vor­der­lik vir jou me­ta­bo­lis­me.

Ge­noeg vir 3,5 li­ter

1. 1 x 10 g-sak­kie kits­gis 2. 400 g (500 ml) sui­ker 3. 10 ml ja­mai­ka­gem­mer 4. 1 groot gem­mer­wor­tel, ge­skil en in stuk­ke ge­sny 5. hand vol ro­sy­ne Meng gis met 500 ml lou­warm wa­ter in ’n meng­bak. Laat staan tot ’n skuim­bol vorm – so­wat 2 uur. Meng sui­ker en 3 li­ter wa­ter tot sui­ker heel­te­mal op­ge­los het. Voeg gis­meng­sel by. Voeg ja­mai­ka­gem­mer en gem­mer­wor­tel­stuk­ke by en meng goed. Voeg ro­sy­ne by. Gooi gem­mer­bier in plas­tiek­em­mer, maak toe met kleef­plas­tiek en laat staan oor­nag. Gooi die vol­gen­de og­gend die gem­mer­bier deur ’n moe­se­lien­doek in bot­tels. Gooi ro­sy­ne weg. Laat bier koud word in ys­kas en sit voor. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.