Basaar-jaf­fels met maal­vleis

Sarie Kos - - Herfskos vir weeksaande -

(bl. 81) Wat is dan nou be­ter as voor die TV sit met ’n vuur­warm jaf­fel en ’n glas wyn! Kyk op bl. 10 waar jy die pan kan koop as jy nie een het nie.

Ge­noeg vir 4

45 ml o­lyf­o­lie 1 ui, ge­kap 2 knof­fel­hui­sies, ge­kap 20 ml heel ko­myn­saad 2 lou­rier­bla­re 30 ml ker­rie­poei­er 500 g maal­vleis 1 x 410 g-blik ta­ma­tie­pu­ree sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per 8 snye wit­brood 60 ml sag­te bot­ter slaai vir voor­sit Ver­hit o­lyf­o­lie tot warm in groot pot. Voeg ui en knof­fel by en roer­braai 2 mi­nu­te. Voeg ko­myn, lou­rier­bla­re en ker­rie­poei­er by en braai nog 1 mi­nuut. Gooi maal­vleis by en roer­braai tot vleis kor­rel­rig lyk. Voeg ta­ma­tie­pu­ree by en meng deur. Geur goed met sout en pe­per en laat prut 10 mi­nu­te. Proe en geur weer in­dien no­dig. S­meer snye brood aan een kant met bot­ter. Ver­hit jaf­fel­pan oor hoë hit­te tot warm. Plaas een sny brood in pan met bot­ter­kant na on­der. Skep le­pels vol van vleis­meng­sel op brood en plaas twee­de sny brood bo-op, met bot­ter­kant na bo. Maak pan toe en sny brood wat oor­hang net­jies af. Braai so­wat 2–3 mi­nu­te per kant of tot goud­bruin. Her­haal met res van brood en maal­vleis. Sit warm voor met slaai van jou keu­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.