Groenkerrie en rys

Sarie Kos - - Herfskos vir weeksaande -

(bl. 81) Saam met vis of hoen­der en rys bly groenkerrie ’n staat­ma­ker op my spys­kaart. Dis maklik om te maak en reg­tig goed­koop.

Ge­noeg vir 4

30 ml o­lyf­o­lie 1 ui, ge­kap 2 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­kap 4 hoen­der­bor­sies (so­wat 400 g saam), ont­vel en in stuk­ke ge­sny 1 x 80 g-sak­kie T­hai­se groen­ker­rie­pas­ta 1 x 400 ml-blik klap­per­melk 1 groen brand­ris­sie, ge­kap 120 g man­ge­tout (sneeu-ert­jies) 400 g sag­te­stin­gel-broc­co­li ( ten­der stem) hand vol vars koljander, ge­kap sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per jas­myn­rys vir voor­sit (sien bl. 10) Ver­hit o­lyf­o­lie in ’n pot en braai ui en knof­fel tot goud­bruin – so 5 mi­nu­te. Voeg hoen­der­stuk­ke by en braai nog 3–5 mi­nu­te. Voeg ker­rie­pas­ta by en braai 3 mi­nu­te. Gooi klap­per­melk by en ver­laag die tem­pe­ra­tuur. Laat so 10 mi­nu­te sta­dig kook of tot geu­ri­ge sous vorm. Roer brand­ris­sie by. So­dra die hoen­der gaar is, ska­kel die plaat af en voeg die man­ge­tout en broc­co­li by. Maak pot toe en laat staan – die warm sous sal die groen­te gaar­maak, maar steeds bros hou. Roer die koljander deur en geur goed met sout en swart­pe­per net voor­dat jy dit met jas­myn­rys voor­sit. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.