Her­man sê

Sarie Kos - - Kospraatjies -

En­skie­lik is dit hier. Soos ’ n dief in die nag het die groot dag ge­kom en voor ek nog twee keer kon dink, is ek 30! Ja, ek het ge­ar­ri­veer by

’ n myl­paal wat ek as jong dro­mer van U­ping­ton as oud, oor die muur en nog (baie) ver be­skou het!

Maar wat is dit aan oud word wat so tor­ring aan ons? Hoe­kom is ons so be­hep met tyd? Is tyd werk­lik ons vy­and?

Vir my is tyd ons bes­te ba­te. Dis die een ding wat ons met oor­ga­we moet be­nut en be­stuur. Ek weet nou meer as ooit dat tyd ook vir ons le­sers be­lang­rik is. Die e-pos­se, brie­we en Fa­ce­book-bood­skap­pe maak my keer op keer daar­van be­wus dat ons stre­we na ge­hal­te, maar in die helf­te van die tyd.

Hoe ou­er ek word, hoe meer be­sef ek el­ke dag dat die tyd wat ons saam met ge­lief­des deur­bring en die ure wat ons om lang­ta­fels kui­er, iets is wat geen geld kan koop nie.

Ek raai jong nu­we sjefs en kos­lief­heb­bers ook dik­wels aan om tyd te maak en die waar­de­vol­le ken­nis te oes by men­se met ja­re se er­va­ring. Suig dit op soos spon­se en bê­re dit diep in jou kos­bi­bli­o­teek. As ons ie­wers langs die pad die ken­nis van ouds gaan ver­loor en al­les net aan­pak met die kits­op­los­sing wat so eie aan ons tyd is, gaan ons die DNS van kos ver­loor.

Hoe­kom kook ek? Om­dat ek weet kos is iets waar­de­vols waar­mee jy baie kan uit­rig. Jy kan in ’n oog­wink men­se se le­we ver­an­der of ie­mand se hart steel. Ek het ’ n daad­werk­li­ke kop­skuif ge­maak en ek glo ek het ’ n lang pad ge­kom van my dae as fên­sie sjef tot nou. Ek wil hê al­mal moet kan saam­kook.

My re­sep­te het oor die ja­re ver­an­der van lang in­ge­wik­kel­de me­to­des tot kos wat al­mal kan maak. Men­se van Augra­bies tot Zas­tron kan son­der suk­kel ag­ter die pot­te in­skuif.

Die bo­toks van my le­we lê in die we­te dat ek el­ke dag saam met júl­le kan kook. So, hier my be­lof­te aan jul­le: Ons kom­buis hier by SARIE is prop­vol re­sep­te waar­van tyd ’ n baie be­lang­ri­ke be­stand­deel is.

Ek sal sorg vir vin­ni­ge e­tes wat min tyd verg, ja, maar ook vir re­sep­te wat jou toe­laat om rus­tig te raak (want dis brood­no­dig!), die pot­te uit te haal en lang­saam te kook soos jou ou­ma.

Is tyd ons vy­and? Dalk lê die ant­woord in die to­neel uit die fliek A­li­ce Through the Look­ing

Glass waar klein A­li­ce Kings­leigh ’ n ge­sprek voer met Tyd: “I u­sed to think ti­me was a thief. But you gi­ve be­fo­re you ta­ke. Ti­me is a gift. E­very minute. E­very se­cond.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.