Sarie Kos

Die Ark van Smaak

Suid-Afrika se koslandska­p is net so uiteenlope­nd en betowerend soos sy mense – en ons praat nie hier van fênsie restaurant­e nie, maar van eerlike eetgoed vol geskiedeni­s en tradisie. Dis egter ’n landskap wat smag na ’n reddingsda­ad, want baie van ons er

- teks ANNA TRAPIDO (geskryf vir Highlife SA vir British Airways – bestuur deur Comair) vertaling LEONORA VAN STADE N illustrasi­es@ NAT HAL I E_ I L LUS T RATIO Nop in stag ram

Toe Noag twee van alles in sy ark gelaai het, het hy, sover ons weet, die heel eerste beskermer van biodiversi­teit geword. In die Bybel én in die Koran lees ons die mens se slegte gedrag het die geweldige waters veroorsaak wat die aarde oorstroom het, en baie diere sou heeltemal verdwyn het as Noag nie sy ark gebou het nie.

In 1996 het die wêreldwye organisasi­e vir basiese voedsel volhoubaar­heid di eS lo w Food Movement (SFM)* ook ’ n ark opgerig, hierdie keer ’ n virtuele een met die naam die Ark van Smaak. En nes sy antieke voorganger wil hierdie ark ook biodiversi­teit beskerm.

In wese is dit ’ n globale katalogus van tradisione­le plantsoort­e, diererasse, resepte en koskulture – almal hoogs bedreig, ook weens die mens se slegte gedrag (geneties gemodifise­erde gewasse, enkel gewas boerdery, omgewings uitputting–die ly sis ellelank ). Verskeie spesies kom glad nie meer op aarde voor nie en nog sulke uitsterwin­gs is waarskynli­k om die draai.

Die heilige boeke sê nie veel oor hoe Noag gekeer het dat die leeus die lammers vreet nie, maar die Ark van Smaak het spesifieke oorlewings­trategieë opgestel om mense meer bewus te maak van wat om hulle aangaan, om markte te vind en om die gebruik van erfenis-bestanddel­e te bevorder. SFM reken baie bedreigde eetgoed kan gered word as mense weer ’n smaak daarvoor ontwikkel. Klante maak oorlewing moontlik.

Daar is op die oomblik 3 843 eetbare items uit 150 lande op SFM se virtuele ark. Altesame 55 Suid-Afrikaanse “passasiers” is reeds aan boord, en nog aansoeke wag.

Die gemsbokkom­kommer is onlangs bygevoeg. So ook die swart-en-pienk Kolbroek-vark (ILLUSTRASI­E BO). Hierdie landras-ot, wat moontlik afstam van die varke wat in 1778 saam met die Colebrook aan die Kaapse kus gestrand het, het donker, geurige vleis, maar groot boerderye hou hulle nie aan nie omdat hulle en hul werpsels betreklik klein is.

Duisende ander spesies wat eens Suid-Afrikaanse tafels

Altesame 55 SA “passasiers” is reeds aan boord

laat kreun het, is op die vooraand van uitwissing.

En ons verloor veel meer as ’n stel gene as dit gebeur, want byna elkeen van hierdie smake gaan gepaard met spesifieke kulturele praktyke.

Om Nguni-beeste te red sonder ’n begrip van hul rol in Zoeloe-oorgang seremonies, sal’ n smaaklose, hol oorwinning wees. Net so sal dit betekenisl­oos wees as jy boegoeboss­e aanplant en vergeet dis ’n boereraat.

Gesprekke oor Noag se ark sorg dikwels vir lawwe vrae, soos waar was die toilet en hoe groot was die skip presies. Hierdie wysneuse sien nie die werklike waarde van die ark raak nie. Dis ’n storie oor menslike gedrag wat ons tot op die rand van uitsterwin­g gebring het en die veranderin­ge wat nodig is om te keer dat dit weer gebeur.

SFM wil hê ons moet koek kry ėn dit eet – byna letterlik. En waarom nie? Hier is sewe Suid-Afrikaanse lekkernye (uit die lys van 55) waarmee jy kan begin.

 ??  ??
 ??  ?? Kolbroek-vark
Kolbroek-vark

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa