VAN DIE BOONSTE RAK – DIE VOLVO S90

Sarie Kos - - Inhoud -

As die S­weed­se ver­vaar­di­ger Volvo in die kos­wê­reld was,

het dit met tal­le Mi­che­lin-ster­re ge­spog. Volvo- voer­tuie is ver­ge­lyk­baar met Mi­che­lin-be­kroon­de sjefs se dis­se, want dis ewe uit­son­der­lik en u­niek, ’n wa­re er­va­ring­sen­sa­sie. Kyk net na die be­kroon­de Xc90-sport­nuts! Nog ’n Volvo wat jou mond laat wa­ter, is die S90, ’n luuk­se en groot se­dan met ’ n e­le­gan­te ont­werp. Ve­ral sy blink sier­roos­ter en kon­ka­we ont­werp is tref­fend. On­der die en­jin­kap is ’n keu­se van pe­trol- of die­sel­en­jins met tur­bo­krag. Ons toets­mo­del was die D5- weer­ga­we wat al­wiel-aan­ge­dre­we is en on­ge­loof­li­ke ver­rig­ting en han­te­ring bied. Bin­ne­langs is daar leer-en-hout-af­wer­king van top-ge­hal­te en ’ n oor­vloed van ruim­te. Daar is ook ’ n ge­brui­kers­vrien­de­li­ke ta­blet­groot­te­raak­skerm waar jy tal­le van die S90 se funk­sies kan be­heer. Pry­se vir die S90, son­der e­ni­ge ek­stras, is tus­sen R685 200 en R885 800. – Wil­mer M­ül­ler

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.