Kers fees in Ju­lie

Sarie Kos - - Neektafel -

In Suid-A­fri­ka be­te­ken Kersfees ’ n warm so­mer­son en koel blou see, en dik­wels ’n lek­ker braai on­der die bo­me. In die Noor­de­li­ke Half­rond is dit na­tuur­lik winter in De­sem­ber, met spier­wit sneeu net waar jy kyk. Dit lyk al­tyd so ro­man­ties dat men­se in ons sui­der­land be­gin won­der het, wat keer ons om ’n soort van ’n Kersfees in Ju­lie te hou? Dan kan al­mal warm aan­trek soos die Eu­ro­pe­ërs op prent­jies doen, met ’ n spe­si­a­le spys­kaart wat pas by die ge­leent­heid. Die prag­ti­ge dor­pie Tul­bagh in die Wes-Kaap maak by­voor­beeld som­mer’ n he­le fa­mi­lie vrien­de­li­ke fees daar­van, met ’ n ver­skei­den­heid van ak­ti­wi­tei­te wat oor ’n na­week plaas­vind. Dees­dae hou al hoe meer men­se so ’ n midjaar-Ker­s­e­te – met die wa­re Ja­kob na­tuur­lik nog steeds in De­sem­ber!

KATOENSNEEU

Rang­skik wit ka­toen­blom­me waar­van die bla­re ver­wy­der is in spier­wit pot­te. Plaas op kop van ta­fel om die win­ter­sneeu ta­fel

toe te bring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.