Ker­rie­wor­tel-jaf­fels

(bl. 31) Gee my jaf­fels vir ontbyt, mid­dag- en aand­e­te – ek is mal oor hier­die ba­saar­kos.

Sarie Kos - - In seisoen -

Ge­noeg vir 6

45 ml o­lyf­o­lie

1 ui, fyn­ge­kap

2 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­kap

15 ml ko­myn­saad

15 ml kol­jan­der

6 kar­de­mom­peu­le, oop­ge­breek en saad­jies be­hou

3 lou­rier­bla­re

1 x 400 ml-blik klap­per­melk

300 ml ta­ma­tie­pu­ree

30 ml bor­rie

500 g (so­wat 10) grof­ge­ras­per­de wor­tels sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per hand vol vars kol­jan­der­bla­re, ge­kap

12 snye brood bot­ter vir s­meer jo­gurt vir voor­sit

Ver­hit o­lyf­o­lie in ’n mid­del­slag-pot tot goed warm. Roer­braai ui en knof­fel 2 minute of tot dit be­gin ver­bruin. Voeg al die spe­se­rye by en ver­laag hit­te. Roer­braai 5 minute of tot lek­ker geu­rig. As dit lyk of die spe­se­rye wil be­gin brand, gooi bie­tjie wa­ter by. Voeg die klap­per­melk en ta­ma­tie­pu­ree by. Voeg bor­rie by en meng deur. Voeg wor­tels by en meng deur. Geur goed met sout en swart­pe­per en laat prut 15-20 minute tot dik geu­ri­ge sous vorm. Laat nog 5 minute prut tot wor­tels sag en pap is. Geur goed. Haal van hit­te af en laat af­koel. Roer kol­jan­der deur. S­meer brood­jies met bot­ter en vul snye twee-twee met van die wor­tel­ker­rie-meng­sel, bot­ter­kant na bui­te. Braai in jaf­fel­pan tot goud­bruin. Sit voor met jo­gurt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.