WOR­TEL-ROL­KOEK

Baie men­se is nog­al skrik­ke­rig om ’n rol­koek te bak. Doen dit met GLAD se bak­pa­pier om se­ker te maak dis fla­ter­vry

Sarie Kos - - Glad -

Ge­noeg vir 1 groot rol

3 ei­ers, ge­skei

5 ml kaneel

100 g (120 ml) strooi­sui­ker

125 g (220 ml) koek­meel

2 wor­tels, baie fyn ge­ras­per

VUL­SEL

250 g room­kaas

5 ml fyn kaneel sap en ge­ras­per­de skil van

1 suur­le­moen

30 ml a­man­del­li­keur (op­si­o­neel)

100 g ver­sier­sui­ker, ge­sif

30 ml ys­koue wa­ter hand vol pe­kan­neu­te, fyn­ge­kap Ver­hit oond tot 180 0C. Plaas ei­er­ge­le en kaneel in meng­bak saam met helf­te van strooi­sui­ker. Klits met e­lek­trie­se hand­klit­ser by hoë spoed tot lig en skui­me­rig, so­wat 5 minute. Klits ei­er­wit­te in skoon meng­bak tot sag­te pun­te vorm. Voeg res van strooi­sui­ker ge­lei­de­lik by ter­wyl jy klits. Klits tot blink, sty­we pun­te vorm. Vou ei­er­wit­meng­sel by ei­er­geel­meng­sel in. Sif meel en vou by ei­er­meng­sel in. Vou wor­tels in. Voer 35 x 27 cm-bak­plaat uit met GLAD- bak­pa­pier (sien foto). Gooi meng­sel in pan en ver­sprei e­we­re­dig met slap­lem­mes. Bak 10-12 minute of tot toets­pen skoon uit­kom. Ter­wyl die koek bak, maak ’n skoon af­droog­doek ef­fens klam. Plaas op werk­vlak en sprin­kel dun la­gie sui­ker oor doek. Keer rol­koek met een vin­ni­ge be­we­ging op doek uit en sny ran­de reg­uit met ’n skerp mes. Rol dan ste­wig op met die hulp van die klam doek. Maak se­ker jy rol die doek saam met die koek op. Laat koel af. Rol ver­sig­tig oop. Meng room­kaas, kaneel, sap en skil van suur­le­moen en li­keur saam tot glad. S­meer oor koek en rol ver­sig­tig toe. Meng ver­sier­sui­ker en wa­ter. Skep oor koek en sprin­kel neu­te oor. Sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.