Semolina-koek (bas­bou­sa)

(bl. 64) Sit die koek met sy grow­we, krum­mel­ag­ti­ge teks­tuur voor met glad­de ( cre­a­med) maas­kaas. Ge­noeg vir 8-10

Sarie Kos - - goedvoel-kos -

430 g (770 ml) semolina-meel

35 g (60 ml) koek­meel

150 g (180 ml) bruin­sui­ker 10 ml bak­poei­er

125 ml klap­per

115 g (125 ml) bot­ter

250 ml jo­gurt 2 ei­ers 10 ml va­niel­je­geur­sel knip­pie sout

STROOP 100 g (125 ml) sui­ker

100 ml wa­ter sap en ge­ras­per­de skil van 2 suur­le­moe­ne

100 g pe­kan­neu­te, grof­ge­kap

Ver­hit oond tot 180 °C. Meng al die be­stand­de­le vir die koek saam tot glad­de be­slag vorm. Gooi meng­sel in ron­de oond­braai­pan van 30 cm wat goed ge­spuit is met kleef­we­ren­de kos­sproei. Bak 15-20 minute of tot goud­bruin en toets­pen skoon uit­kom. Ter­wyl koek bak, bring sui­ker, wa­ter, en sap en skil van suur­le­moen tot kook­punt om stroop te maak. Gooi oor warm koek so­dra dit uit die oond kom. Sny koek in blok­kies en sprin­kel neu­te oor. Sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.