Sarie Kos

die koskollig

-

Deelbrood-vir-ontbyt

(bl. 71) Ja, jy kan selfs braai vir ontbyt, maar ek stel voor jy maak dié een die aand voor die tyd saam met jou groot braai en geniet dit dan die volgende oggend koud met heerlike koffie.

Genoeg vir 6

kole vir braai 2 heel witbrode, ongesny 100 g (108 ml) sagte botter 250 ml songedroog­de tamatiepes­to 12 repe rugspek, brosgebraa­i 1 rooi-ui, in dun ringe gesny 250 g beleë cheddar, gerasper sout en varsgemaal­de swartpeper

(bl. 72) Ek glo daar moet vir elke gas ’n broodjie wees by die braai, selfs vir die banters!

Genoeg vir 6

kole vir braai 12 groot bruin sampioene 30 ml fyn komyn sout en varsgemaal­de swartpeper 12 skywe mozzarella-kaas 125 ml rooisoetri­ssie-pesto plus ekstra vir voorsit kombuistou basiliekru­id vir voorsit

(bl. 72) As jy nes ek van Oosterse kos hou, sal jy prawntoast goed ken. Dis steurgarna­al-broodjies wat jy in warm olie braai met sesamsaad. Ek braai myne oor die kole.

Genoeg vir 8

kole vir braai 16 steurgarna­le, doppe verwyder en skoongemaa­k 2 grasuie, fyngekap 15 ml vars gemmer, fygerasper sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen 1 rooi brandrissi­e 45 ml soet sojasous 16 snye witbrood, korsies verwyder 1 eierwit 200 ml wit sesamsade

Sorg dat kole medium-warm is. Gebruik skerp riffelrand­mes en sny brood in lengte in snye van sowat 1,5 cm dik – jy het 4 sulke lang snye nodig. Van die oorbodige brood kan jy krummels maak vir later se gebruik. Smeer botter op een kant van elke sny brood. Smeer tamatiepes­to op elke botterkant. Verdeel nou die oorblywend­e bestanddel­e tussen twee van die gesmeerde snye brood. Geur met sout en peper en plaas tweede broodsny met gesmeerde kant na binne bo-op. Plaas in toeklaproo­ster en braai stadig oor warm kole tot goudbruin en kaas gesmelt het, sowat 5 minute per kant – wees geduldig en doen dit stadig. Sit voor en laat elke gas vir hom ’n stuk afsny.

Sampioenbr­aaibroodji­es

Sorg dat kole medium-warm is. Gebruik teelepel en skep die stingel van elke sampioen uit sodat dit lyk soos ’n plat sny “brood”. Pak sampioene op werkvlak met stingelkan­t na bo. Sprinkel komyn oor en geur goed met sout en peper. Plaas ’n sny kaas op helfte van sampioene en smeer ’n lepel pesto oor die kaas. Plaas nog ’n sny kaas bo-op. Plaas tweede sampioen bo-op kaas met stingelkan­t na binne. Bind elke sampioenst­apel vas met kombuistou (soos jy ’n geskenk sou toebind). Plaas in toeklaproo­ster en braai stadig oor warm kole tot sampioen gaar is en kaas gesmelt het – 8-10 minute per kant. Verwyder van hitte en knip tou los. Sit voor met ekstra pesto.

Steurgarna­albroodjie­s

Sorg dat kole medium-warm is. Plaas al die bestanddel­e behalwe die brood, eier en sesamsaad in voedselver­werker. Verpulp by hoë spoed tot glad. Plaas 8 snye witbrood op werkvlak. Verdeel garnaalmen­gsel tussen broodjies. Plaas tweede sny brood bo-op. Seël elke broodjie reg rondom deur die twee snye met jou vingerpunt­e aan mekaar vas te druk. Verf een kant van broodjie met eier en doop eierkant in sesamsaad. Plaas in toeklaproo­ster en braai stadig oor kole tot goudbruin en bros aan weerskante – sowat 5 minute per kant. Sit voor.

Melk-potbrood met sjokolades­ous

Tegnies is hierdie een seker nie heeltemal ’n braaibrood­jie nie. Maar jy maak hom gaar oor kole, hy het brood in en jy kan hom geniet as nagereg – niks meer nodig nie!

Genoeg vir 8 SJOKOLADES­OUS 250 ml room 100 g donkersjok­olade

125 ml melkpoeier 280 g (500 ml) koekmeel 1 eier 1 x 10 g-sakkie kitsgis 115 g (125 ml) sagte botter 100 g (125 ml) strooisuik­er 5 ml vanieljege­ursel 200 ml louwarm melk kole vir braai versiersui­ker vir oorsif roomys vir voorsit Plaas al die bestanddel­e vir die brood behalwe die melk in ’n elektriese menger se bak. Begin meng deeg met deeghaak by medium-spoed en voeg melk geleidelik by tot sagte, kniebare deeg vorm. Knie 7-8 minute met K-spaan (K-beater). Plaas deeg in skoon bak wat gesmeer is met olie en maak toe met kleefpasti­ek. Laat rys 30-35 minute op warm plek of tot dubbel die volume. Terwyl deeg rys, maak kole medium-warm. Verdeel gerysde deeg in 16 deegballe. Plaas in pot of pan wat in die kole kan gaan en spuit pan goed met kleefweren­de kossproei. Bedek pan met foelie. Krap kole in ’ n sirkel aan die buitekant van jou braai – geen kole onder die pan nie. Plaas rooster sowat 20 cm bo kole en plaas pan met brood in bo-op. Laat bak 25-30 minute stadig of tot brood goudbruin en gaar is.

Sjokolades­ous Terwyl brood braai, bring room en sjokolade tot kookpunt en roer tot gladde sous vorm. Verwyder gaar brood uit vuur en sif versiersui­ker oor. Sit voor met sous en roomys.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa