Leer ken die kiep

Sarie Kos - - winterkos vir weeksaande -

Heel Oond­braai is een van die bes­te gaar­maak­me­to­des. Dit geur die vleis en maak die vel lek­ker bros.

2 Bor­sie Ge­neig om ’ n bie­tjie droog te wees wan­neer dit oor­gaar ge­maak word, maar be­slis een van die ge­wild­ste en veel­sy­dig­ste snit­te. Pan­braai of oond­braai le­wer die bes­te re­sul­ta­te. Ook lek­ker ge­stoom of ge­po­sjeer.

3 Dye Die vleis is don­ker­der en geu­ri­ger as die bor­sie en is ve­ral lek­ker wan­neer dit by ’ n hoë tem­pe­ra­tuur in die oond gaar­ge­maak word. Koop dit ook ont­been vir bredies en ker­ries.

4 Boud­jie Dié deel is ook don­ker en geu­rig, maar het min­der vleis as die dye. Jy kan dit diep­braai of bak. Dis ook ’n snit wat jy ont­been en ge­vul kan voor­sit, soos cor­don bleu.

5 Vler­kies ’n Ge­wil­de peu­sel­hap­pie wat by hoër tem­pe­ra­tu­re (bo 200 °C) ge­bak of oond­ge­braai kan word. Ge­bruik dit ook om af­trek­sel en sop te maak.

*Poot­jies Nie ’ n deel wat al­ge­meen geëet word nie, maar wat be­slis te min ge­bruik word. Dit maak heer­li­ke af­trek­sel. Oond­braai eers goud­bruin in ’n warm oond voor jy dit kook vir die af­trek­sel. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.