< Bak ons blom­koek

Sarie Kos - - Voorblad -

(bl. 20) Maak die re­sep twee keer om Ka­nya se se­slaag-koek te bak. 350 g (625 ml) bruis­meel 2,5 ml sout 125 g (135 ml) bot­ter 125 ml melk 5 jum­bo-ei­ers 125 ml kook­wa­ter 300 g (360 ml) strooi­sui­ker 125 ml kook­o­lie 5 ml va­niel­je-ek­strak Ver­hit oond tot 180 °C. Voer 3 x 20 cm­los­boom­pan­ne goed uit met bak­pa­pier en spuit met kleef­we­ren­de kos­sproei. Sif bruis­meel en sout 3 keer saam. Ver­hit bot­ter en melk en hou een­kant warm. Klits ei­ers met e­lek­trie­se men­ger tot dik skuim vorm. Hou aan klits ter­wyl jy kook­wa­ter in ’n dun straal­tjie by­gooi. Gooi strooi­sui­ker ge­lei­de­lik by en klits heel­tyd. Ter­wyl men­ger loop, gooi o­lie ook in dun straal­tjie by. Laas­tens (ter­wyl men­ger nog klits) kom warm melk en bot­ter by. Voeg nou droë be­stand­de­le en va­niel­je saam by en vou goed in. Deel be­slag tus­sen pan­ne en bak 30 minute. Wan­neer koek weg­trek van kan­te en ’n toets­pen skoon uit­kom, is koek reg. Laat eers ’n ruk­kie op draad­rak­kies in pan­ne af­koel voor jy die koek­lae fi­naal los­maak en mooi net­jies uit die pan­ne uit­haal. Laat koel deeg­lik af ter­wyl jy die twee vul­sels maak. Daar is vier ver­skil­len­de geu­re – kies jou guns­te­ling of maak almal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.