Ont­byt Klap­per­ha­wer­mout

Sarie Kos - - Kostrend -

(bl. 28) Ro­me­ri­ge lek­ker­te om die dag te be­gin. Jy sal suk­kel om nee te sê vir nog ’n skep­pie.

ge­noeg vir 4 80 g (250 ml) ha­wer­mout 250 ml water 250 ml klap­per­melk 2 ml sout 1 x 100 g-sak­kie pe­kan­neu­te, baie fyn ge­kap 45 ml bot­ter 100 ml heu­ning 45 ml water 4 pe­re, ge­hal­veer en ont­klok 200 g aar­beie, in rin­ge ge­sny Plaas ha­wer­mout, 250 ml water en klap­per­melk in ’n mid­del­slag-pot. Meng en voeg sout by. Meng weer. Ver­hit en bring tot kook­punt. Ver­laag hit­te en laat sta­dig prut ter­wyl jy el­ke 2 minute roer. Hou aan kook tot ha­wer­mout gaar is, 8-10 minute. Ver­wy­der van hit­te en roer neu­te by. Plaas bot­ter, heu­ning en 45 ml water in mid­del­slag­braai­pan en bring tot kook­punt ter­wyl jy roer. Ver­laag hit­te en plaas pe­re met ge­sny­de kant na on­der in stroop. Laat sta­dig prut tot pe­re goud­bruin is en taai heu­ning­stroop vorm, so­wat 10 minute. Maak se­ker die hit­te is nie te hoog nie, want die pe­re kan brand. S­kep gaar ha­wer­mout in bak­kies en s­kep ge­braai­de pe­re bo-op. Gooi heu­ning­stroop oor en sit voor met ge­sny­de aar­beie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.