DIE SOUT-EN-ASYN-DEBAT

Sarie Kos - - Nou Op Ons Bord -

Har­mo­nie is die ge­heim van ’n ge­slaag­de bond­ge­noot­skap tus­sen sout en suur.

Met sy sterk ka­rak­ter kan asyn nog­als soms oor­neem, maar trek dan net die lei­sels in om die vre­de te be­waar. Be­won­de­raars stry ook soms goe­dig oor din­ge soos wat eer­ste oor kos ge­sprin­kel moet word – sout eer­ste of an­ders­om?

Nie almal het ewe veel erg aan die twee se sa­me­syn nie. Kaas-en-ui­e­geur sky­fies in die ken­mer­ken­de geel-en-groen pak­kies is im­mers die wê­reld se top­ver­ko­per. Die sout en-asyn-weer­ga­we in die blou pak­kie be­klee da­rem ’n re­spek­ta­be­le twee­de plek.

Maar ons wat in die sout-en-asyn-kamp is, kry meer as net ’n pak­kie tjips vir ons geld. Wat an­ders laat jou kie­we so saam­trek in ge­not­vol­le af­wag­ting vir die smaak-en-kraak­sen­sa­sie ter­wyl jy rit­se­lend die blou pak­kie oop­trek?

Er­rie­da du Toit – die Huis­kok

SLAAI VAN GE­ROOK­TE

TA­MA­TIES EN ROOSMALVA-ASYN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.