Ons vra vir Ka­nya

Sarie Kos - - Goedvoelkos -

1 Wat is jou nom­mer-een-bak­wenk?

Koop die bes­te skaal wat jy kan be­kos­tig en weeg al jou be­stand­de­le nou­keu­rig af.

2 Die bes­te ma­nier om rol­koek te eet is …

Ge­vul met ap­pel­koos­kon­fyt en soet tee daar­by.

3 Wat moet jy nooit doen wan­neer jy rol­koek bak nie? Moe­nie die meng­sel te veel meng nie, die lug in die be­slag sal ont­snap en dan rys dit nie.

4 Waar kom jou lief­de vir bak van­daan?

Dis in my bloed. Ou­ma, tan­nies, ma en dalk nog ver­der op boon­toe was mees­ter­bak­kers.

5 Hoe­kom bak jy?

Ek bak nuut, ek bak oud, ek bak vir die lek­ker en vir pu­re ple­sier, want ek is lief vir bak – dis my suur­stof, my hart­klop, my wa­re ek. Op Son­dae wan­neer ek die bak­trol­lie uit­trek, bak ek uit my hart uit.

6 Jy is ver­al be­kend vir jou uit­ha­ler-trou­koe­ke. Wat is die groot­ste trou­koek-t­rend waar­na ons dié so­mer kan uit­sien? Tek­s­tu­re in sui­ker en sjokolade en in­te­res­san­te verf­teg­nie­ke.

TAN­NIE SU­ZIE SE

ROL­KOEK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.