SÓ KEER JY DIE ROL­KOEK UIT

Sarie Kos - - Goedvoelkos -

Van hier af het tan­nie Su­zie ver­on­der­stel dat Ka­nya ge­noeg ge­weet het om die rol­koek klaar te maak. “Maar dit het my ’n tyd­jie ge­neem om mooi uit te werk wat die bes­te op­rol- en af­rol­pro­ses sou wees,” ver­tel Ka­nya. “Glo my, ’n he­le klom­pie ge­kraak­te rol­le het al vir my ge­glim­lag. Ek het ge­vind dat die klam doek soms net te nat was wan­neer ek die rol­koek heel­wat lan­ger wou laat af­koel vir by­voor­beeld ’n room­vul­sel. In­tus­sen het ’n klein muis in my oor kom fluis­ter om die rol­koek op te hang, waar­oor ek na­tuur­lik mal is.” (Sien fo­to 4.)

Plaas ’n skoon stuk bak­pa­pier ef­fens gro­ter as die rol­koek op die warm koek, en be­dek die pa­pier met ’n klam kom­buis­doek. Plaas ’n bak­plaat bo-op, draai die sta­pel om en ver­wy­der die pan en die ou bak­pa­pier.

Nou rol jy die rol­koek op met die nu­we bak­pa­pier en al. Ge­bruik die doek om jou te help, maar moe­nie die doek saam rol nie. Die doek word nou ge­bruik om die warm rol­koek te hang.

Sny die koek met ’n rif­fel­rand­mes los aan die kan­te van die pan so­dra dit uit die oond ge­haal is. Be­sprin­kel die op­per­vlak van die koek ruim met strooi­sui­ker.

Hang die rol­koek op in die doek so­dat dit per­fek rond af­koel. Jy kan self be­sluit wat­ter hang­plek die bes­te vir jou werk. Vul koek so­dra dit af­ge­koel het. Sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.