Plat­brood met bok­melk­kaas, uie en ei­er

Sarie Kos - - Heerlik Vir Jou & Gesond -

Jy kan die plat­brood met of son­der ei­er maak.

ge­noeg vir 6 45 ml ka­no­la-o­lie 1 ui, in sky­we ge­sny 1 x ba­sie­se plat­brood­deeg 100 g bok­melk­kaas 45 ml wit­wyn-asyn 6 ei­ers sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per Ver­hit oond tot 200 °C. Ver­hit o­lie tot warm in groot braai­pan. Voeg ui by en braai 3-5 minute of tot dit be­gin ver­bruin. S­prin­kel meel op werk­vlak en ver­deel deeg in twee. Rol deeg uit tot so­wat 5 mm dik in ’n vorm van jou keu­se. Plaas deeg op bak­plaat wat goed ge­spuit is met kleef­we­ren­de kos­sproei. S­kep ge­braai­de ui bo-op. Sny kaas in sky­fies en plaas o­ral op ui. Bak 12-15 minute. Bring in­tus­sen pot met water tot kook­punt en voeg asyn by. B­reek ei­ers een-een in water en po­sjeer 3-4 minute vir sag of lan­ger as jy dit har­der wil hê. Sny brood in sky­we. Plaas ei­ers bo-op en geur goed met sout en pe­per. Sit voor. >

ONTLEDING PER PORSIE ki­lo­jou­les 1 453; kool­hi­dra­te 33,9 g; pro­te­ïen 13,4 g; vet 17,9 g

Ge­po­sjeer­de ei­er

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.