Plat­brood met Marokkaanse maalvleis en tamatie

Sarie Kos - - Heerlik Vir Jou & Gesond -

(bl. 65) Die ha­ris­sa­pas­ta gee hier­die geu­ri­ge ge­reg die ti­pie­se sma­ke van Ma­rok­ko. Dis mak­lik om te maak.

ge­noeg vir 6 45 ml ka­no­la-o­lie 1 ui, fyn­ge­kap 500 g ek­stra-ma­er maalvleis 45 ml ha­ris­sa-pasta sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per 1 x ba­sie­se plat­brood­deeg 6 ei­ers 200 g ker­sie­ta­ma­ties Ver­hit oond tot 200 °C. Ver­hit o­lie tot warm in groot braai­pan. Voeg ui, maalvleis en ha­ris­sa by. Roer­braai tot maalvleis half­gaar en goed ge­meng is met an­der be­stand­de­le. Geur met sout en pe­per. S­prin­kel meel op werk­vlak en ver­deel deeg in twee. Rol uit tot so­wat 5 mm dik in ’n vorm van jou keu­se. Plaas deeg op bak­plaat wat goed ge­spuit is met kleef­we­ren­de kos­sproei. S­kep maal­vleis­meng­sel bo-op en maak ge­lyk. B­reek ei­ers bo-op en pak ta­ma­ties rond­om. Bak 12-15 minute of tot ei­ers gaar is. Sit voor met vars kruie van jou keu­se.

ONTLEDING PER PORSIE ki­lo­jou­les 1 963,80; kool­hi­dra­te 34 g; pro­te­ïen 28,3 g; vet 20 g

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.