Ei­er-ma­yo­plat­brood

Sarie Kos - - Heerlik Vir Jou & Gesond -

(bl. 67) Ek hou van ei­er-ma­yon­nai­se op my brood­jies – dalk een­vou­dig, maar per­fek vir ont­byt!

ge­noeg vir 6 6 ei­ers 250 g blok­kies la­e­vet-spek 1 brand­ris­sie, fyn­ge­kap 150 ml la­e­vet-ma­yon­nai­se sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per 1 x ba­sie­se plat­brood­deeg 170 g vars kort aspersies Ver­hit oond tot 180 °C. Kook ei­ers 10 minute om har­de ei­ers te kry. S­poel af on­der lo­pen­de water en dop af. Droog­braai spek in warm kleef­vrye pan tot goud­bruin en bros. Ras­per ei­ers op grow­we kant van ras­per en voeg by ge­braai­de spek. Meng brand­ris­sie en ma­yon­nai­se by. Geur goed met sout en pe­per. Rol deeg op meel­be­strooi­de werk­vlak uit tot so­wat 5 mm dik. Plaas op bak­plaat wat goed ge­spuit is met kleef­we­ren­de kos­sproei. S­kep ei­er­meng­sel op brood en smeer ge­lyk. Pak aspersies bo-op. Bak 10-12 minute of tot goud­bruin en gaar. Sit warm voor.

ONTLEDING PER PORSIE ki­lo­jou­les 950; kool­hi­dra­te 32 g; pro­te­ïen 5,8 g; vet 7,2 g

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.