Ont­byt met oemf

As jou dag met so ’n smaak­li­ke broodjie vol spek en ei­ers be­gin, kan niks mos skeef­loop nie! Maak dit mak­lik met Glad se pro­duk­te

Sarie Kos - - Glad -

Spek-en-ei­er-brood­jies Hier­die een­vou­di­ge ma­nier van ei­ers po­sjeer sal jou vrees daar­voor laat ver­dwyn!

ge­noeg vir 6 250 g stre­pie­spek 6 ei­ers 60 ml bot­ter 6 snye ci­a­bat­ta-brood 1 x 250 g-hou­er room­kaas 100 ml pesto van jou keu­se (ons het tamatie ge­bruik) sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per Ver­hit oond tot 180 °C. Voer bak­plaat uit met Glad-bak­pa­pier en pak spek bo-op (fo­to 1). Plaas in warm oond en oond­braai 10-12 minute of tot lek­ker bros. Ter­wyl spek oond­braai, bring pot met water tot kook­punt. Voer 6 kop­pies uit met Glad-kleef­plas­tiek en spuit goed met kleef­we­ren­de kos­sproei. B­reek ei­ers in kop­pies en bind die plas­tiek ste­wig toe (fo­to 2). Haal sak­kies uit kop­pies en glip in pot met ko­ken­de water. Po­sjeer 5 minute vir sag­te ei­ers of lan­ger as jy dit har­der ver­kies. Ver­hit bot­ter in braai­pan en braai ci­a­bat­ta tot goud­bruin. Smeer ge­braai­de brood met le­pel vol room­kaas en pak op op­dien­bord. Plaas bros spek bo-op. Haal ei­ers uit plas­tiek en plaas bo-op. S­kep pesto oor en geur met sout en pe­per. Sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.