IMETBROSEIER GARNAALSLAA

Sarie Kos - - Vinnig & Maklik -

Sag­te ei­ers wat bros ge­braai is in ’n krum­mel­kors, sorg vir ek­stra teks­tuur.

ge­noeg vir 8

Meng 60 ml o­lyf­o­lie, 1 ge­kap­te brand­ris­sie, 1 ge­kap­te knof­fel­hui­sie en ’n hand vol fyn kol­jan­der. Voeg 12 skoon steur­gar­na­le by en meng goed. Ver­hit braai­pan tot warm en braai gar­na­le 5-8 minute of tot goud­bruin en gaar. Geur met sout en swart­pe­per. Hou een­kant. Klits 2 ei­ers liggies in klein bak­kie. Rol 6 ge­po­sjeer­de ei­ers (sien langs­aan hoe) in 60 ml koek­meel, dan in ge­klits­te ei­er en laas­tens in 150 g brood­krum­mels. Ver­hit

son­ne­blom­o­lie vir diep­braai tot warm en diep­braai ei­ers 20-30 se­kon­des of tot goud­bruin en bros. D­rei­neer op kom­buis­pa­pier. Pak 400 g

ge­stoom­de aspersies op op­dien­bord, ge­volg deur die gar­na­le. Sit bros ei­ers bo-op en sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.