Nog i­dees vir gla­seer­sels

Sarie Kos - - Sa Pork -

Jy kan e­ni­ge van dié gla­seer­sels op jou Kers­ham ge­bruik, of in die re­sep langs­aan.

ESDORING, LEMOEN EN KO­MYN

Plaas 200 ml es­do­ring­stroop ( maple) saam met 200 ml le­moen­sap en 25 ml ko­myn­saad in ’n pot. Bring tot kook­punt en kook 5 minute. Volg ver­der re­sep langs­aan.

APPELKOOS, GEM­MER EN PYNAPPEL

Meng 1 x 400 g-blik­kie pyn­ap­pel­moes met 250 ml grow­we ap­pel­koos­kon­fyt en 10 ml fyn­ge­ras­per­de vars gem­mer. Voeg 100 ml water by en kook 5 minute. Volg ver­der re­sep langs­aan.

SITRUS, MOS­TERD EN BRAND­RIS­SIE

Meng 100 ml le­moen­sap, 100 ml nar­tjie­sap en 100 ml po­me­lo­sap met 200 ml heu­ning en 45 ml kor­rel­mos­terd. Voeg 15 ml droë brand­ris­sie­vlok­kies by en bring tot kook­punt. Kook 5 minute en volg ver­der re­sep langs­aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.