EI­ERS MET ASPERSIES EN SPEK

Sarie Kos - - Vinnig & Maklik -

Die B­rit­te eet graag ei­ers en “sol­diers” – stuk­kies roos­ter­brood, soms toe­ge­draai in spek, wat hul­le in die ei­er­geel doop. My sol­da­te is aspersies.

ge­noeg vir 4 Ver­hit oond tot 180 °C. Draai 24 vars aspersies toe met 250 g stre­pie­spek. Pak op kleef­vrye bak­plaat. S­prin­kel bie­tjie o­lyf­o­lie oor en geur goed met sout en pe­per. Plaas in oond en bak 15-20 minute of tot goud­bruin en bros. Kook in­tus­sen die ei­ers: Bring pot met water tot kook­punt. Plaas

12 ei­ers in water en kook 5 minute vir sag­te ei­ers of lan­ger as jy har­der ei­ers ver­kies. (Sien gids langs­aan.) Haal ka­strol van plaat af

en laat ei­ers af­koel in koue water. Sit voor met aspersies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.