Tamatie-en­brood­slaai

(bl. 89) Hier­die ge­reg is ge­ïn­spi­reer deur pan­za­nel­la-slaai (I­ta­li­aan­se broodslaai).

Sarie Kos - - 30 Minuut-etes -

ge­noeg vir 6

45 ml o­lyf­o­lie 250 g blok­kies spek 100 g pe­kan­neu­te, grof­ge­kap 125 ml room 45 ml balsemasyn 1 rooi-ui, fyn­ge­kap 1 rooi brand­ris­sie, fyn­ge­kap 500 g ker­sie­ta­ma­ties, ge­hal­veer sout en vars­ge­maal­de pe­per 400 g ros­ma­ri­no-pasta (pas­ta­rys) 60 ml bot­ter 1 x Fran­se ba­guet­te-brood, in grow­we stuk­ke ge­breek Ver­hit o­lyf­o­lie tot warm in groot braai­pan. Voeg spek by en roer­braai tot goud­bruin en bros. Voeg neu­te by en braai nog 2 minute. Gooi room, asyn, rooi-ui en brand­ris­sie by en bring tot kook­punt. Ver­wy­der van hit­te en voeg ta­ma­ties by. Geur goed met sout en pe­per. Maak pasta gaar vol­gens aan­wy­sing op pak en d­rei­neer. Ter­wyl pasta kook, ver­hit bot­ter tot warm in groot braai­pan en braai brood­stuk­ke tot goud­bruin en bros. Voeg brood saam met gaar pasta by room­sous en meng deur. Geur weer en sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.