Pynappel en lemoen

(bl. 93) Gooi y­skoue von­kel­wyn oor die sor­bet en sit dit voor as ske­mer­kel­kie.

Sarie Kos - - Koskollig -

ge­noeg vir 750 ml

250 ml water 200 g (250 ml) sui­ker sap en ge­ras­per­de skil van 1 suur­le­moen 1 ge­skil­de pynappel, in blok­kies 2 le­moe­ne, ge­skil en grof­ge­sny 500 ml vrug­te­jo­gurt Kook water, sui­ker, sap en skil van suur­le­moen tot sui­ker ge­smelt het. Voeg pynappel en le­moe­ne by en kook nog 5 minute. Haal af van hit­te en voeg jo­gurt by. Meng. Pols tot glad in voed­sel­ver­wer­ker. Laat af­koel tot ys­koud en vries in room­ys­ma­sjien, of maak só as jy nie ’n ma­sjien het nie: Gooi meng­sel in ’n vries­kas­be­stan­de bak. Sit in vries­kas en roer el­ke 15 minute met draad­klit­ser tot dik en ro­me­rig ge­vries. Smeer ge­lyk bo en vries tot heel­te­mal ge­stol. Sit voor in bal­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.